Nampa veroordeel grapvideo oor Geingob
Augetto Graig - Die nasionale nuusagentskap, Nampa, het homself dié week gedistansieer van 'n video waarin pres. Hage Geingob se stem en woorde vervang is met onbeskofte gekskeerdery oor Januarie-maand se armoede.
Die video, wat tans op sosiale media die ronde doen, is gemaak van Nampa se berig oor Geingob wat in 2015 sy bates verklaar. Die oorspronklike video is 18 minute lank, maar die smaaklose gekskeervideo is net 4 minute en 26 sekondes lank. Daarin is die president se stem oorgeklank in Afrikaans en word die spot gedryf met Januarie-maand wat van Namibiese kalenders verwyder moet word, asook verskeie soort strawwe wat opgelê sal word teen enige iemand wat 'n kalender besit waarop Januarie-maand steeds verskyn.
Volgens Nampa se hoof uitvoerende beampte, mnr. Isack Hamata, is die gekskeervideo kwaadwillig, nie net oor die taalinhoud nie, maar ook omdat Nampa se kopieregsimbole daarop verskyn.
Hamata beskryf die taalgebruik in die veranderde video as vulgêr. Hy distansieer Nampa van die video en waarsku die publiek om dit nie verder te versprei nie.
“Die video is nie net kwaadwillig nie, maar ook 'n skending van Nampa se intellektuele eiendom waarteen die agentskap wettige stappe kan doen,” sê hy.
Die publiek word aangemoedig om na die oorspronklike video, Geingob declares assets, te kyk wat Nampa op 22 Mei 2015 op YouTube gelaai het. Volg die skakel https://youtu.be/cXpQu1w5M4U.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie