Namibiërs toets die Vaalrivier

07 March 2018 | Sport
'n Junior-, senior- en federasie­span van die ­Namibiese ­Kunsaashengelvereniging (NALAA) het onlangs by die Vaalrivier, Suid-Afrika, hul eweknieë van die Suid-­Afrikaanse Kunsaashengel­vereniging (SAALAA) by die Riverside Beach-klub in drie toetse aangedurf.

Elke span het uit vier lede bestaan wat op twee bote hul storie teen die ervare Suid-Afrikaners moes ken. Die kompetsie is ingelei met twee oefendae waarop die Namibiërs die rivier beter kon leer ken.

Hoewel sake vlot met die oefensessies verloop het, het Moeder Natuur besluit om binne drie dae donderstorms, swaer reën en wind, asook 'n leksel sonskyn tydens die toetse op te dis.

Dié drie toetse is suksesvol ­afgehandel en het die algehele wenners van die toernooi bepaal. Die Namibiërs moes hard om 'n oorwining veg. Die juniorspan raap goud op terwyl die senior- en federasiespanne onderskeidelik met 'n silwermedalje bederf word. Die Suid-Afrikaners was nie min met die besoekers se ver­moëns beïndruk nie en het die ­Namibiërs vir hul besondere span- en veggees gelukgewens.

NALAA wil sy borge hartlik vir hul ondersteuning bedank, wat die hengelaars se deelname moontlik gemaak het.

“Baie dankie aan Puma, OJ Construction, Seapride Foods, ­Gondwana Collection Namibia, ESBboats.com, Caprivi Adventures en Team Dragon wat dit vir ons moontlik gemaak het om teen Suid-Afrika te kon kompeteer. Ons wil ook die Suid-­Afrikaanse Kunsaashengelvereniging, ons fantastiese gasheer, vir die uit­sonderlike huisvesting en goed ­gereëlde toetsreeks bedank. 'n Spesiale woord van dank aan ons vriende tuis wat boodskappe van bemoediging en motivering aan ons gestuur het,” het NALAA se verklaring gelui.

Soortgelyk

 

Plaasaankope ‘is niemand se besigheid’

42 minute gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, hou vol die ministerie het nié die plaas Otjisemba gekoop nie.Behalwe dat hulle nie...

Dwelmvonds ruk kus

42 minute gelede | Misdaad

Otis Finck op Walvisbaai – ’n Bekende gesin van Narraville op Walvisbaai word glo verbind met ’n reusedwelmvonds die afgelope naweek.Die polisie in die Erongostreek...

Dag van die Afrika-kind

42 minute gelede | Gebeure

Die Dag van die Afrika-kind word jaarliks op 16 Junie op die vasteland herdenk. Hier luister van die kleingoed van die Rene Kids Centre op...

LPM 'is 'n politieke party'

42 minute gelede | Politiek

Catherine Sasman - Leiers van die Landless People’s Movement (LPM) sê hoewel die organisasie nog by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) geregistreer moet word,...

Weer vir 18 Junie 2018

42 minute gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en matig in die ||Kharasstreek wees met enkele buie in die verre Suidweste. Elders sal...

Weer vir 15 Junie 2018

42 minute gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en matig in die ||Kharasstreek wees met enkele buie in die verre Suidweste. Elders sal...

Gretzky kry doodstraf vir ’n donkie

42 minute gelede | Omgewing

Des Erasmus - Sewe woestynleeutroppe is leierloos nadat ‘n uitgeteerde mannetjie in die nagtelike ure van Saterdagoggend by De Rust in die Ugabvallei wes van...

Meatco sál weer BTW betaal

42 minute gelede | Landbou

Elvira Hattingh – Meatco se amptelike aankondiging dat dit weer 15% belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan produsente sal betaal wat beeste by abattoirs lewer,...

NBC-werkers woedend oor geldsake

42 minute gelede | Arbeid

Augetto Graig - Werknemers van die NBC sal nie langer wanbestuur duld nie.Een van die grootste kwessies is die nasionale uitsaaikorporasie se versuim om derde...