Namibiërs sê hulle is 'soort van vry'
Meer as driekwart - 78% - van volwasse Namibiërs sê hulle is "soort van vry" of "heeltemal vry" om te sê wat hulle dink, sê die Afrobarometer-verslag van 2019. Dít verteenwoordig 'n afname sedert 2014.
Volgens die navorsing blyk dit Namibië se demokrasie moet hom staal vir rowwe tye omdat net een derde "toegewyde demokrate" is.
Die studie se bevindinge word vanoggend in Windhoek bekend gestel.
Luidens 'n ander bevinding sê 60% van Namibiërs mense moet die reg hê om privaat te kommunikeer sonder dat die regering hul korrespondensie lees of daarna luister.
Die helfte van die deelnemers aan die studie, met 'n totale steekproef van 1 200 volwassenes, meen 'n regering moet aandklokreëls en spesiale padblokkades instel sou openbare veiligheid in die gedrang kom.
In die foto is mnr. Christie Keulder van Survey Warehouse.
Foto en beriggewing: Denver Kisting

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie