Namibiu00ebrs op die PUK u2013 deel 2
Namibiu00ebrs op die PUK u2013 deel 2

Namibiërs op die PUK – deel 2

Yandi Du Plessis
Waarskuwing: Veralgemening kan dalk plek-plek voorkom.

Toe ek begin swot het, was ek geskok oor die verskil tussen Namibiërs en Suid-Afrikaners.

Jy sou dit nie dink nie, ons is immers bure. As hulle hoor jy kom van Namibië, raak hulle sommer opgewonde.

Gewoonlik is die gesprek wat volg iets soos: “O, ek ken ’n ou van Namibië. Sy naam is Johan, dalk ken jy hom ook.”

“Uhm, ek’s nie seker nie. Wat is sy van?”

“Nee gits, ek weet nie. Ek dink hy’s van Windhoek. Of dalk is dit Walvisbaai. Dis mos redelik naby aan mekaar?”

Dan kan jy net jou kop skud, want dit help nie jy probeer verduidelik dat Namibië ’n land is en nie ’n dorp nie. Tog het ek gewoonlik uiteindelik wel geweet van wie hulle praat, want ek het meer Namibiërs op die PUK ontmoet as in Namibië. Ons het net ’n manier om mekaar daar uit te snuffel. Ons is immers ’n land met een van die wêreld se kleinste bevolkings.

Hulle het ons beslis welkom laat voel daar anderkant, want “Namibiërs is lekker mense” of “Namibiërs kuier lekker”. Hulle is ons ook ewig dankbaar vir ons groot bydraes tot die samelewing: Windhoek-bier en Jägermeister, of “Jaggermeister”, soos hulle dit noem.

Soos in Mick Jagger, hoofsanger van The Rolling Stones. Dit was maar een van die maniere om ’n mede-Namibiër uit te ken – ons dink nie die umlaut is net daar vir versiering nie.

Daar was wel tye wat ek geskok was oor hul idees van Namibië (weer eens – ek sê nie almal was so nie).

Ek is een keer gevra of ons verkeersligte in Namibië het. Nee, die donkies waarop ons ry weet wanneer dit hulle beurt is om te loop. Hiermee kon ek hulle nog laat wegkom. Toe ek egter gevra is of ons teerpaaie in ons land het (ek is doodernstig), moes ek hulle gou inlig dat meeste van ons teerpaaie (Okahandja uitgesluit) baie beter as hulle s’n is.

Van diegene wat nog nie hier was nie, het ’n idee van “primitiewe Afrika” en dink die land is net een groot woestyn, which is fair enough, ons hét immers die oudste woestyn in die wêreld.

Hulle is verbaas om te hoor ons het ook ’n Mr. Price, Ster-Kinekor en KFC.

McDonald’s en Burger King het dit wel nog nie oor die grens gemaak nie.

Ek sou sê ek was baie meer patrioties in Suid-Afrika as in Namibië self.

Ons land is glad nie sonder probleme nie, ons is baie ver daarvan, maar steeds het ek ’n vreemde soort blydskap ervaar wanneer ’n kar met ’n geel nommerplaat in Potch se strate verbygery het.

Ek was ’n trotse Namibiër op die PUK.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!