Namibiërs kan derde dosis Sinopharm kry

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste win nog inligting in oor 'n moontlike aanvullende dosis.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Namibiërs wat volledig met Sinopharm teen Covid-19 ingeënt is, kan nou vir ’n derde bykomende primêre dosis gaan.

Die tydsverloop tussen die tweede en derde spuit moet ongeveer ses maande (168 dae) wees. Die derde dosis sal op inwoners se immuniseringskaart aangedui word.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het verduidelik ’n primêre bykomende spuit is ’n opvolg op die tweede dosis.

“Elkeen kan ’n bykomende dosis kry, afhangend van die entstof wat vroeër ontvang is,” het hy gesê.

Met verwysing na aanvullende dosisse (booster shots), sê Shangula dit volg wanneer immuniteit afneem en ’n dosis gegee word om die immuniteitsvlak te herstel. Tans is daar geen aanvullende dosisse in Namibië nie en die minister sê bewyse hieroor word nog ingewin voor ’n aankondiging in dié verband gemaak word.

Die uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, sê mense wat ’n derde dosis entstof kan ontvang, sluit in alle volwassenes ouer as 60 jaar sowel as mense met ’n verswakte immuunstelsel weens onder meer kanker, ’n oorplanting en MIV/vigs wat nie op behandeling is nie.

“Alle individue 18 jaar en ouer wat die twee dosisse geskeduleerde inentings met Sinopharm gekry het en ’n derde dosis wil ontvang, mag egter nie weggewys word nie,” het Nangombe beklemtoon.

Die besluit op ’n derde dosis Sinopharm is in pas met navorsing dat die hoeveelheid teenliggaampies ná ’n immunisering laer is by mense ouer as 60 en immuniteit vyf maande ná die tweede spuit afneem.

Met verwysing na gevalle in Japan en die Tsjeggiese Republiek wat na Namibië teruggespoor is, het Shangula gesê die ministerie samel inligting oor die betrokkenes se roete en kontakte in.

Indië het intussen beklemtoon die land is nié een van verskeie lande wat ’n reisverbod- en of beperkings op Namibië geplaas het nie. Die land het ook gesê dit is gereed om nog entstowwe na Afrika te stuur om die Omicron-variant te probeer beveg.

Dit volg nadat China op die Forum vir China-Afrika-samewerking (Focac) gesê het hy gaan nog ’n miljard se entstofdosisse aan die vasteland gee. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!