Namibiu00ebrs eersdaags met die maan gepla
Namibiu00ebrs eersdaags met die maan gepla

Namibiërs eersdaags met die maan gepla

Op die vooraand van die viering van ‘n halfeeu sedert die maandlanding is die naghemel vol verskynsels.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Voor die 50ste gedenkjaar sedert die maanlanding wêreldwyd op 20 Julie gevier word, gaan die maan eers ‘n besonderse vertoning vir aardlinge lewer.

Dit sluit ‘n gedeeltelike maansverduistering, asook ‘n “dans” deur die naghemel met die planete Saturnus en Jupiter in.

Eerskomende Dinsdag se gedeeltelike maansverduistering, wat van 20:43 af vir Namibiërs sigbaar sal wees, gaan sekerlik ’n hoogtepunt wees.

Ten beste sal sowat 65% van die maan deur die aarde se skaduwee bedek word.

Die verduistering van die volmaan sal sowat vyf en ‘n halwe uur tot 02:17 op Woensdagoggend duur.

Buiten Afrika sal die gedeeltelike verduistering ook in Europa en Suid-Amerika te sien wees.

Die maan se kaskenades het reeds gisteraand begin toe dit vlugtig in die naghemel al langs die blou ster Spica vertoef het, voor dit weer omstreeks 01:30 onder gegaan het.

Eerskomende Saterdagaand begin die maan se “danse” met die planete, wanneer die groeiende maan links, of oos van ‘n baie helder Jupiter, te sien sal wees.

As jy die twee hemelliggame oor baie ure gaan dophou, kan dit lyk of dié twee dans.

Volgens timeanddate.com sal die maan Saterdag van Namibië af lyk of dit eers nader aan Jupiter skuif, voor dit dan vanweë die aarde se rotasie sal voorkom of die maan in ‘n halfsirkel “rondom” Jupiter geswaai word.

Die dans sal etlike ure duur.

Vroegmôre sal dit lyk of die maan weer effens wegbeweeg van Jupiter af, maar dan sal die daglig Jupiter laat verdof.

Saturnus sal op 15 Julie ‘n soortgelyke dans deur die naghemel met die maan hê, waartydens dié twee hemelliggame net ná middernag skynbaar ook in ‘n halfsirkel om mekaar gaan swaai.

Dié geringde planeet sal tydens die gedeeltelike verduistering Dinsdagnag ook naby aan die maan lê.

Saturnus het gisteraand opposisie bereik (die punt waar dit aan die teenoorgestelde kant van die son is, soos gesien van die aarde af), asook sy baannaastepunt aan die aarde (perigeum).

Volgens die Astronomievereniging van Suider-Afrika sal dié planeet vir die res van vandeesmaand in ons naghemel gesien kan word.

Ander planete is ook tans te sien.

Die planeet Mercurius behoort tot in die middel van die maand snags te sien wees, terwyl dit nader aan die einde van die maand teen dagbreek te sien sal wees, sê die Astronomievereniging van Suider-Afrika.

Venus was in die eerste week van Julie die mees prominente planeet in die oggendhemel, terwyl Mars tot in die middel van die maand snags sigbaar sal wees. Jupiter sal ook van sononder tot net voor dagbreek sigbaar wees.

Hierdie Sondag sal die dowwe, verafgeleë dwergplaneet Pluto opposisie met die son bereik wanneer die aarde tussen dié planeet en die son inskuif.

Pluto sal dan ook sy naaste punt aan die aarde bereik (4,91 miljard km).

Dié planeet kan net met die beste teleskope beskou word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!