Namibiërs bal vuis teen korrupsie

Genoeg is genoeg, het ’n aantal inwoners Maandag op Internasionale Teenkorrupsiedag verklaar.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die baas van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), mnr. Paulus Noa, sleep met opset voete met wetshervormings wat sy kantoor meer mag sal gee.

Dít omdat Noa weet die beplande wysigings maak voorsiening vir ’n oorsigliggaam om sy kantoor op hul tone te hou.

Boonop vat hy ook sy tyd omdat hy weet die voorgenome wet sal van sy vriende agter tralies laat beland.

Dít is deel van ’n vyf bladsy lange “memorandum van eise” wat ’n groep besorgde inwoners Maandag op Internasionale Teenkorrupsiedag aan Noa oorhandig het.

Terwyl mnr. Dimbulukeni Nauyoma, van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), die dokument aan Noa voorgelees het, het die ACC se baas gestaan en glimlag terwyl hy deur polisielede omring is.

Nauyoma het gesê die griefskrif word nie onder ’n spesifieke politieke vaandel aangebied nie.

Volgens hom het sekere vrygheidsvegters en van die politieke elite die afgelope 29 jaar die bevrydingstryd verraai.

In skrille kontras met wat pres. Hage Geingob deurgaans aanvoer, het Nauyoma voet by stuk gehou korrupsie ís in die land ingeburger.

Hy sê die ACC moet vir dié toedrag van sake pa staan.

“Dit hou ’n reusegevaar vir ons demokrasie en die funksionaliteit van staatsinstellings in. ’n Groot bydraende faktor is die ongekoördineerde beleidsrigtings van die ACC.”

Korrupsie, sê Nauyoma, raak nie net ekonomiese ontwikkeling negatief nie, dit perk ook die billike verspreiding van hulpbronne in wat tot verdere inkomsteongelykheid lei.

Volgens die aktivis is korrupsie niks anders as terreur nie.

“’n Sterk en duidelike boodskap moet aan dié wat korrupsie pleeg, gestuur word dat hulle terroriste is – nie net witboordjiemisdaad-kunstenaars nie.”

Nes ander misdadigers, veral dié wat bereid is om omkoopgeld te aanvaar, buit terreurorganisasies skuiwergate in wetgewing uit, meen hy.

“Gevolglik is geen land immuun daarteen nie. Dié voorvalle kan gesien word in die sentrale bank se onvermoë om die spoor te kry van omkoopgeld soos in die Fishrot-saak.”

Dié internasionale skandaal, sê hy, het talle lewens geëis en huishoudings in ellende gedompel.

Noa het op sy beurt die groep bedank vir die vreedsame betoging en dat hulle opnuut die ACC se aandag op sekere voortslepende sake gevestig het.

Die dokument lig naas Fishrot ook die verdwene miljoene van die Staat se pensioenfonds (GIPF) uit, asook die miljoene wat weens die volksmoord vir prokureurs in die Verenigde Koningryk opgedok is.

Die groep eis dat die wysigingswetsontwerp onmiddellik aan die parlement voorgelê word.

Voorts verwelkom hulle Noa se voorstel dat hy nie nog ’n termyn as ACC-baas sal oorweeg nie.

“Ons benodig mense wat hul werk sonder inmenging na die beste van hul vermoë wil doen om Namibië skoon te maak.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39%