Namibiu00ebr vas met renosterhorings
Namibiu00ebr vas met renosterhorings

Namibiër vas met renosterhorings

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



'n Namibiese burger (37) is Woensdag by die Selela-nedersetting naby Katima Mulilo in hegtenis geneem nadat hy met twee renosterhorings in sy besit betrap is.

Volgens die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, is die inhegtenisneming moontlik gemaak deur die polisie se intelligensie-operasies wat daarop gerig is om onwettige jag te bekamp.

Die verdagte is in aanhouding en sal moontlik vandag in die landdroshof op Katima Mulilo verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

Ook in die Zambezistreek is twee Zambiese burgers Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die onwettige jag van 'n olifantkoei in die Mashi- kommunale bewaringsgebied Maandag.

Een Zambiese burger het op die vlug geslaan en is steeds op vrye voet, het Kanguatjivi gister aan Republikein gesê.

Die twee Zambiese mans, mnre. Makuwa Mushiba (38) en Imbula Libita (26), is met twee olifanttande en 'n 303- en 375-jaggeweer in hul besit betrap.

'n Namibiese burger, Thabo Matemwa (21) is Woensdag in hegtenis geneem, volgens Kanguatjivi.

“Sy 79-jarige pa word ook ondersoek, aangesien een van die jaggewere aan hom behoort. Die pa en seun is in 2015 weens 'n soortgelyke misdaad in hegtenis geneem,” het Kanguatjivi gesê .

Die olifantkoei is in die Lubuta-nedersetting in die Mashi- kommunale bewaringsgebied gestroop wat aan die Muduma Nasionale Park grens.

Die drie beskuldigdes het gister in die landdroshof op Katima Mulilo op 'n klag van die onwettige besit van beskermde wild verskyn. Hulle bly in aanhouding.

Die saak is tot 17 Junie vir verdere ondersoek en die verkryging van regs­hulp uitgestel.

Landdros Vincent Nzaca is op die bank en aanklaer George Matali verskyn vir die staat.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!