Namibiër in Brasilië vir dwelms gegryp

Waarskuwings ‘tevergeefs’

13 September 2019 | Polisie
Denver Kisting – Die polisie sê by monde van sy nasionale woordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, Namibiërs luister nie na waarskuwings oor dwelmsindikate nie.

Dit kom ná me. Mesia Antonius (26) verlede maand glo op die Internasionale Lughawe Sao Paulo in Brasilië aangekeer is.

Kanguatjivi sê Antonius is glo met ’n onbekende hoeveelheid kokaïen betrap toe sy op 9 Augustus ’n vlug terug Namibië toe wou haal.

Volgens die ministerie van binnelandse sake en immigrasie het Antonius ’n geldige paspoort wat op 4 Junie 2018 uitgereik is.

Haar Facebook-profiel toon sy, of iemand met toegang tot haar rekening, was op 4 Augustus laas aktief op dié sosialemediaplatform toe sy ’n profielfoto opgelaai het.

Volgens Kanguatjivi neem beweerde voorvalle soos dié toe ondanks gereelde waarskuwings dat veral jong vroue versigtig moet wees om nie ten prooi van internasionale dwelmsindikate te val nie.

Honderdduisende se dwelms

Tussen 1 en 31 Augustus vanjaar het die polisie op onwettige dwelms ter waarde van nagenoeg N$760 650 beslag gelê, sê Kanguatjivi.

Die meeste hiervan was ongeveer 69 kg se dagga met ’n straatwaarde van sowat N$688 690.

Hy sê die polisie het ook verlede maand beslag op 352 Mandrax-tablette ter waarde van ongeveer N$42 000 gelê en sowat 237 eenhede crack (kokaïen) wat N$23 700 werd is.

Die ander onwettige dwelms wat gekonfiskeer is, sluit daggaplante, kokaïenpoeier en onwettige sigarette in.

Kanguatjivi sê 141 verdagtes, van wie 133 Namibiërs was, is weens dié beweerde onwettige dwelmbedrywighede in hegtenis geneem.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob sê oor 75ste herdenking van VN

5 ure gelede | Regering

Pres. Hage Geingob sê die Verenigde Nasies (VN) was die afgelope 75 jaar die beskermheer van die waardes van die mensdom en die beginsels van...

149 positief vir Covid-19 waarvan 10 leerlinge van dieselfde...

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 149 nuwe Covid-19-gevalle is aangemeld waarvan die meeste en wel 75 in Windhoek is....

NWR-bestuur se salarisse met 25% besnoei

7 ure gelede | Toerisme

Die direksie en senior personeel van Namibia Wildlife Resorts (NWR) se salarisse sal vanaf September met 25% besnoei word. “Vir die afgelope ses maande het...

Khomas se Vries bevorder

9 ure gelede | Onderwys

Mnr. Gerard Vries, voorheen direkteur van onderwys in die Khomasstreek, is met ingang 1 September as die nuwe adjunk uitvoerende direkteur vir lewenslange onderrig in...

Geweldenaars op vrye voet

21 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Teen gistermiddag was die man steeds op vrye voet wat glo Saterdagoggend by 'n huis in Havana ingebreek en 'n vrou ten...

Swaar straf wag op Covid-oortreders

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Dr. Kalumbi Shangula, die mi­nister van gesondheid en maatskaplike dienste, sê geskoei op Namibiërs se gedrag vandat die noodtoestand ten einde geloop...

Weer, Maandag 21 September 2020

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordoostelike streke met 'n paar buie in die Zambezi. Elders sonnig en baie warm tot bloedig warm.KUS:...

Toeriste uit Europa land

21 ure gelede | Vervoer

Augetto GraigEurowings se vlug LH5434 het gisteroggend net voor sonop vanuit Frankfurt by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland. Die Airbus A330-300 met 280 sitplekke...

Itula: 'Outokratiese' aantygings pla nie

21 ure gelede | Politiek

Jemima Beukes – Die leier van die Independent Patriots for Change (IPC), dr. Panduleni Itula, sê kritici en beswaarde lede wat hom as 'n “huigelaar”...