Namibiër doen navorsing in Duitse museums
Die Duitse federale buitelandse kantoor het dr. Jeremy Silvester van die Museumvereniging van Namibë genooi op 'n navorsingsreis na drie Duitse museums wat Namibiese artefakte huisves.
Die reis het van 6 tot 17 April plaasgevind.
Silvester is die Afrika-werkgroep se voorsitter. Dié werkgroep is deur die Internasionale Komitee van Museums van Etnografie gestig en bestaan uit museumwerkers van Namibië en Zambië. Hul doel is om inligting te kry oor kulturele erfenisonderwerpe van Europese museums.
Die program is deur die Goethe Institut onder die besoekersprogram van die Duitse regering georganiseer.
Silvester het die Linden-museum in Stuttgart besoek, asook die Duitse Geskiedenismuseum in Berlyn en die Duitse Etnografiese Museum.
Hy het ook die Sentrum vir Antropologiese Navorsing oor Museums en Erfenis (CARMaH) by die Humboldt-universiteit besoek.
Daarna het Silvester ’n konferensie by die Vyf Vastelande-museum in München bygewoon waar museumkurators en akademici die kwessie bespreek het van herkomsnavorsing oor voorwerpe wat tydens die koloniale tydperk deur museums versamel is.
Die studie van herkoms gaan oor die oorsprong van 'n voorwerp en hoe dit in 'n museum se versameling opgeneem is.
Die konferensie is deur die Volkswagen-stigting ondersteun.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie