Namibiese Wagyu dalk gou op rakke

Terwyl die toekoms vir Wagyu-beeste in Namibië al blinker vertoon, word stappe reeds gedoen om die beste praktyke te vestig.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – “As alles volgens plan verloop, behoort die eerste Namibiese Wagyu-vleis voor die einde van die jaar op winkelrakke te wees.

“Boonop lyk die toekoms van Wagyu-beeste in Namibië rooskleurig, veral as uitvoerstatus vir Wagyu-produkte bekom kan word. Ons is baie opgewonde hieroor.”

So sê Johan Orffer, president van die Namibiese Wagyu-vereniging. Hy het met Die Boer oor die status van die gesogte Wagyu-bees in Namibië gepraat, en gesê daar word van telers verwag om te registreer.

“Wat Wagyu vir my wonderlik maak, is dat bulle vir N$1 miljoen of tot selfs N$1,7 miljoen verkoop. Koop jy ‘n Wagyu-bul, word jy ‘n premieprys per kilogram vir vleis betaal.

“Tans is daar geen ander beesras in die land wat dié voordeel bied nie. Dit is wat my oor Wagyu opgewonde maak.”

REGISTRASIE

Die vereniging het onlangs ‘n beroep op plaaslike Wagyu-telers gedoen om hul diere by die vereniging, asook die Namibië Stoettelersverenig (NSBA) te registreer.

“Die eerste rede hiervoor het te maak met die beskerming van beide die verbruiker en die boer.

“Buite Japan sit Wagyu-telers in ‘n penarie omdat daar ander beesrasse is wie se vleis ook ‘n bietjie kan marmeer. Dan gebeur dit soms dat dié beeste se vleis in die mark as Wagyu verkoop word, en die verbruiker teleurstel.

“Sou ‘n mens ‘n DNS-analise op die vleis doen, vind jy dikwels dat dit nie Wagyu-vleis is nie.

“Dit is een van ons probleme. Ons wil die Namibiese bedryf deur hierdie registrasieproses beskerm,” het Orffer verduidelik.

Hy meen nou is die regte tyd om dit te doen, terwyl die bedryf nog in sy kinderskoene staan.

“Dit sal veel moeiliker wees om die wa om te draai as Namibië byvoorbeeld eers 3 000 of 4 000 Wagyu-beeste het. Ons wil hê dat alle beeste wat plaaslik as Wagyu verkoop word, almal ‘n DNS-profiel het.”

Orffer sê dit word nie gedoen om die vereniging te bevorder nie, maar ter berskerming van die bedryf. Hy sê hulle voer ook tans gesprekke met die Vleisraad van Namibië om te verseker beeste wat in die toekoms as Wagyu ingevoer word, beskik oor ‘n DNS-profiel.

“Die ander rede vir die vereiste registrasie is dat enkele mense vóór 2017 toe die vereniging gestig is, Wagyu-beeste as normale beeste ingevoer het.

“Hulle weet wie hulle is en ons wil vriendelik met hulle onderhandel om hul diere te kom registreer. Die beeste moet net meer as 50% Wagyu-bloed hê, dan sal ons die pad saam met hulle stap.

“Ná 31 Augustus vanjaar neem ons aan dit is diere wat die land op ‘n onwettige wyse binnegekom het. Dan sal dit nie meer as Wagyu geregistreer kan word nie, wat beteken dit is ‘n gewone bees op wie se vleis nie ‘n premie verdien kan word nie,” sê Orffer.

Hy sê tans is daar dertien geregistreerde volbloed- en F1-telers in die land en die vereniging verwag dat dié syfer by 20 volbloed en nog 20 F1- of kruistelers sal stabiliseer.

“Ons is nie hier om die beesbedryf oor te neem nie; ons bly ‘n nismark,” het hy gesê.

Orffer sê ook hulle is nie teen ander rasse gekant nie en wil juis van ander rasse se vroulike diere by ‘n Wagyu-bul gebruik sodat boere ‘n premieprys kan verdien.

UNIEK

Wagyu-beesvleis word dikwels as die mees gesogte in die wêreld beskou vanweë sy uitstekende marmering en botteragtige smaak. Die beste graad Wagyu-vleis word in Amerika vir soveel as US$400 per kg (sowat N$6 586 per kg) verkoop, terwyl koeie daar vir US$30 000 (sowat N$490 000) verkoop.

“Wat die beeste se vleis uniek maak, is dat dit geneties sagter is en die smeltpunt van die vet veel laer as dié van gewone vleis is,” verduidelik Orffer.

“Dit smelt reeds teen sowat 18 tot 24 °C. Dit beteken sou jy rou Wagyu-vet in jou mond plaas, begin dit reeds te smelt.

“Dit is ‘n smelt-in-die-mond ervaring. Die lekkerste daarvan om vir iemand ‘n stukkie Wagyu gaar te maak, is om na sy gesig te kyk en sy uitdrukking dop te hou as hy dit eet.

“Ek gaan vir niemand kan beskryf hoe lekker Wagyu is nie, jy sal dit moet proe.

BELANGSTELLING

Orffer sê daar is sterk belangstelling om met Wagyu-bees te boer. “Ongelukkig kom ons uit ‘n paar jaar van droogte en het boere nie tans soveel geld beskikbaar nie.

“Ons help deur vir hulle semen en embrio’s beskikbaar te stel. Diegene wat belangstel in ‘n Wagyu-boerdery kan my kontak, ek sal hul hand neem en beide die lang of vinnige proses wys.”

“Wagyu is die oudste beesras waarvan ek weet. Dié ras het sowat 32 000 jaar gelede van die ander beesrasse weggebreek en die afgelope 6 000 tot 7 000 jaar op ‘n eiland, of Japan, voorgekom.

“Daar is ander tipe Wagyu-beeste ook in Korea en China, maar dié is baie uitgebaster. Ons is egter baie opgewonde oor die Jappanese Wagyu.

“In Namibië het ons tans die rooi Wagyu, die Akaushi asook die swart Wagyu. Beide se vleis marmeer uitstekend.”

AANPASSING

Orrfer sê die eerste volbloed Wagyu-bees on Namibië is op die plaas Namibgrens gebore.

“Dit is steeds droog op Namibgrens, maar die beeste het baie goed daar aangepas.

“’n Span Australianers het die plaas in Maart besoek en hulle was uiters verbaas oor hoe die bulle daar aangepas het.

“Die bulle klim in die koppe en in die berge. Hulle kry lek, maar niks ander byvoeding nie. Ons het wel die volbloed vroulike diere verskuif dat ons met hulle kan teel in 'n gebied waar daar gras is.

“Ons is baie verbaas, maar die Wagyu pas baie goed plaaslik aan.

“Daar is bulle wat ook 90 km oos van Otjinene in die sandveld loop en hulle ervaar nie enige probleme met hul hoewe nie,” sê Orffer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.23/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 904.61/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.23/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 904.61/OZ UP +0.27%