Namibiese vroue neem voortou met vrede
Namibiese vroue neem voortou met vrede

Namibiese vroue neem voortou met vrede

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking het verlede week in die hoofstad terugvoer aan die diplomate-gemeenskap gegee.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê Namibië neem die voortou wat die bevordering van vroue se betrokkenheid by wêreldvrede betref.

Sy het melding gemaak van Namibië se voorstel in 2000 aan die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad, wat tot die aanneem van resolusie 1325 oor vroue, vrede en veiligheid gelei het.

Op 22 Junie vanjaar het Namibië dit weer op Suider-Afrika se agenda geplaas toe die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) ministers in Luanda, in Angola, ontmoet het.

Ná Duitsland in Mei vanjaar gasheer in Berlin gespeel het by die VN-geleentheid wat op vroue, vrede en veiligheid fokus, sal Namibië volgende jaar dié rol oorneem, het die adjunk- eerste minister gesê.

Sowat 150 afgevaardigdes het hiervoor in Berlin bymekaargekom.

Nandi-Ndaitwah het dié inligting verlede week in die hoofstad as deel van haar jaarlikse terugvoersessie met die land se diplomate-gemeenskap gedeel.

Sy het teenwoordiges van ander lande vir hul hulp oor die afgelope en bedrywige eerste deel van 2018 bedank.

Nandi-Ndaitwah het gesê sy en die president, mnr. Hage Geingob, waardeer die reëlings wat getref word vir gereelde interaksie met verskeie staatshowe en leiers van internasionale organisasies.

Namibië se leiding in die streek sal van nóg meer belang wees wanneer die land op 17 en 18 Augustus vanjaar voorsitterskap van die SADC in Windhoek sal oorneem.

Volgens haar sal Namibië gedurende die 38ste SADC-beraad vir staatshoofde die leiding neem om industrialisering te bevorder, sê sy.

Die tema van die byeenkoms sal wees “Die bevordering van infrastruktuurontwikkeling en jeugbemagtiging vir volhoubare ontwikkeling”.

Oor die vasteland sê sy: “Afrika is op pad na ’n meer voorspoedige toekoms waarin al sy burgers bemagtig is om hul volle potensiaal te besef, terwyl die ‘Afrika wat ons wil hê’-beginsel nagestreef word.”

Sy beskryf die aanvaarding van die Afrika-unie (AU) se ooreenkoms in Maart in Kigali as ’n mylpaal wat die vasteland se ekonomiese ontwikkeling en integrasie versterk.

Dié ooreenkoms vestig die vasteland as vryhandelgebied.

“Ons is saam met die res van Afrika trots om die grootste vryhandelgebied ter wêreld te wees,” het sy gesê.

Volgens haar is Afrika se lugvervoer- en handelsmark, wat in Januarie vanjaar voorgestel is, nóg ’n tree in die regte rigting.

Air Namibia se vlugte na Wes-Afrika is net so belangrik, het sy gesê.

“Vryheid van beweging vir die mense van Afrika is belangrik en as vasteland moet ons werk om vrede te bewerkstellig sodat ons ons hulpbronne vir ekonomiese en sosiale ontwikkeling kan aanwend,” het sy gesê.

Namibië is gekies om tot 2020 op die Statebond se ministeriële aksiegroep te dien.

Namibië sien ook uit na die forum vir China-Afrika samewerking in September en die sewende internasionale konferensie oor Afrika-ontwikkeling volgende jaar in Tokio, het sy gesê.

Die adjunk- eerste minister het gesê Namibië vorder daarmee om belanghebbende internasionale groepe by die hervorming van die VN se veiligheidsraad te betrek.

Die komitee oorweeg om verdere onderhandelinge skriftelik voort te sit en om staatshowe direk te nader.

Nandi-Ndaitwah het van die geleentheid gebruik gemaak om Namibië se standpunt oor Saharawi en Palestina te beklemtoon.

“Kolonialisme verteenwoordig een van die ernstigste skendings van die nasionale soewereiniteit van state en is in stryd met internasionale reg,” het sy gesê.

Namibië versoek dat alle VN-resolusies wat betrekking op Palestina en Wes-Sahara het, toegepas word, asook die VN se vestigingsplan vir Wes-Sahara.

Namibië sal ook aanhou dien op die komitee vir die onafhanklikheid van koloniale lande en mense, het die adjunk- eerste minister gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.78/OZ UP +1.05% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.03% | Zinc US$ 2 454.10/T DOWN -0.1% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 908.83/OZ UP +1.56%