Namibiese vegters gereed vir die elitevlak

Afrigter De Wet Moolman sê die land se vegters verdien steun om beter blootgestel te word.
Die jaar 2018 is reeds 'n merkwaardige een vir Namibiese karate en die Unie en sy vegters kry algaande meer momentum.

Die jaar het begin met nasionale proewe en sedert die spankeuse aangekondig is, het die 2018 nasionale span deurlopend bly oefen. Fiksheidstoetse en kompetisies is ook gebruik om die sport te ontwikkel en om vegters vir deelname op elite internasionale vlak voor te berei.

Ná 'n indrukwekkende vertoning om derde uit sewe lande by die 2018 AUSC Streek 5 karate-kampioenskap te eindig, het die Namibiese Karate-unie (Naku) sy visier op die 2018 Afrika Jeugspele in Algiers ingestel.

Naku het net sy bestes in hul kategorieë gestuur om sy medaljekanse te vergroot. Die drie karateka was:

Freddy Mwiya Junior – seuns individuele kata en individuele kumite (onder 68 kg)

Mayvonne Swart – meisies individuele kata en individuele kumite (onder 58 kg)

Michelle Tjimuku – meisies individuele kumite (onder 48 kg)

Die span is vergesel deur die nasionale afrigter Sensei De Wet Moolman en Namibië se hoofskeidsregter Sensei Wikus Oberholster.

Dag een van die karate-kompetisie het begin met die kata (stylvertoon) en Mayvonne Swart en Freddy Mwiya Junior het onderskeidelik 12 en 16 ­inskrywings in hul kompetisie gehad.

Die blink vooruitsig Freddy Mwiya Junior het goed presteer met twee oorwinnings en twee nederlae, met sy laaste nederlaag teen Algerië wat hom vierde laat eindig het.

Mayvonne Swart het sterk begin met oorwinnings teen Guine en Djibouti, voordat sy in die derde ronde deur Egipte verslaan is. Sy het nogtans met 'n puik vertoning afgesluit om 'n Angolees te klop en die bronsmedalje te verseker.

In die 48 kg meisies kumite het Michelle Tjimuku haar pad oopgeveg tot in die derde ronde waar sy teen 'n Algeriër opgeweeg is. Nadat sy 'n lang tyd met 2-0 voorgeloop het, het Algerië met mening teruggeveg om die uitslag met 4-3 te beklink, wat Michelle in 'n respektabele vierde posisie laat eindig het.

Op dag twee van die kompetisie is die oorblywende kategorieë afgehandel. Mwiya was opnuut in 'n mede­dingende groep met 14 ander lande. Ná 'n oortuigende sege teen Angola in die eerste ronde, het hy in die kwarteindstryd drie keer die voortou geneem, voordat sy opponent van Tunisië in die finale sekondes 'n oorwinning met 5-7 beklink het, wat Mwiya se aanspraak op 'n medalje beëindig het.

Mayvonne het in haar kumite (geveg) weer sterk presteer in haar 58 kg gewigsklas totdat sy in die derde ronde in die finale sekondes deur Algerië geklop is, om uiteindelik vyfde geplaas te word.

Die feit dat al die Namibiërs plekke in die topvyf op die vasteland behaal het, getuig van die hoë standaard van karate in die land.

Die hoogtepunt was Mayvonne Swart se bronsmedalje in die individuele kata. Die prestasie dui ook daarop dat Namibië gereed is om hoër vlakke van kompetisie te takel.

Die afrigter Sensei De Wet Moolman het agterna gesê: “Die feit dat ons nog soveel ruimte vir verbetering het, is 'n opwindende vooruitsig vir die toekoms van Namibiese karate. Nou moet die werk gedoen word om hierop voort te bou om selfs beter uitslae op internasionale vlak te behaal.”

Die Namibiërs se volgende groot taak is die 17de Afrika senior karate-kampioenskap, asook die 9de Afrika junior kampioenskap wat gesamentlik vanaf 28 Augustus tot 2 September in Kigali, Rwanda aangebied word. Die WKF senior wêreldkampioenskap in Spanje is ook reeds op die horison.

Beide hierdie toernooie sal egter van karateka vereis om hul eie geld in te samel, hoewel die Namibiese Karate-unie optimisties is dat nuwe borge die geleenthede sal begin raaksien om deur karate hul handelsmerk uit te brei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%