Namibiese speenkalwers groot in aanvraag
Namibiese speenkalwers groot in aanvraag

Namibiese speenkalwers groot in aanvraag

Mieliepryse is laag en voerkrale in Suid-Afrika soek Namibiese speenkalwers, met die gevolg dat die pryse vir dié diere skerp styg.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Boere wat nou speenkalwers het om op veilings aan te bied, lag al die pad bank toe.

Volgens die Vereniging vir Lewendehawe-agente en -vervoerders (Labta) se jongste statistiek, was die gemiddelde prys vir speenkalwers in April vanjaar N$24,05 per kilogram. Dit is aansienlik meer as die N$15,24 per kilogram wat produsente gemiddeld in April 2016 op veilings verdien het.

Luidens Absa Agri se Vee- en Veseltendens-verslag van 16 Mei 2017 is die vraag na Namibiese speenkalwers toe te skryf aan wat tans in die Suid-Afrikaanse mark gebeur.

“Die gemiddelde Suid-Afrikaanse speenkalfpryse het die afgelope weke goeie stygings getoon weens die verbeterde vraag danksy ’n daling in voorraad in die mark. Hierdie sterk vraag is ook goeie nuus vir die Namibiese produsente, wat die vrugte hiervan pluk. Speenkalfpryse in Namibië volg ook ’n opwaartse neiging, hoofsaaklik as gevolg van die hoë aanvraag na Namibiese speenkalwers in Suid-Afrikaanse voerkrale, waarvoor die meeste van die Namibiese speenkalwers bestem is,” lui die verslag.

“As gevolg van die herbou van kuddes deur Suid-Afrikaanse produsente, word baie speenkalwers teruggehou. Dit bied ’n geleentheid vir Namibiese speenkalwers om dié leemte te vul, en vandaar die styging in pryse. Die styging in pryse is ’n welkome verligting vir die Namibiese produsente.”

Die Vleisraad van Namibië sê in sy bemarkingsoorsig vir die eerste kwartaal 55 822 speenkalwers is tussen Januarie en Maart vanjaar uitgevoer, vergeleke met die 48 248 in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Dit verteenwoordig ’n jaar-op-jaar-styging van 13,6%.

“Dit is merkbaar dat die lae mielieprys die vraag na speenkalwers en die hoër speelkalfpryse in Suid-Afrika dryf, en meebring dat voerkraal baie meer kompeterende bedryf kan word,” sê die Vleisraad.

Die prys van mielies het in die tydperk onder oorsig met 22% gedaal.

“Vanweë ’n daling in voorsiening in die Suid-Afrikaanse mark en die gevolglike hoër vraag na speenkalwers, het die prys van speenkalwers in Namibië van 16,96 per kilogram in Januarie tot N$21,08 per kilogram in Maart gestyg,” toon dié oorsig.

Produksie en bemarking van beeste

Die Vleisraad se oorsig toon die bemarking van beeste het tussen Januarie en Maart vanjaar met 12,43% gestyg vergeleke met die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Verlede jaar is 64 421 beeste in dié tyd bemark en vanjaar se getal staan op 73 569.

Altesaam 76% van dié beeste is lewend uitgevoer – dus speenkalwers wat na voerkrale in Suid-Afrika geneem is.

Die beeste wat by uitvoerabattoirs geslag het, verteenwoordig 19% van die 73 569, terwyl 5% by ander abattoirs geslag is.

Uit die oorsig blyk dat die deurset by abattoirs laag was. Dit word toegeskryf aan die feit dat beeste teruggehou is om dit slaggereed te maak.

“Die verwagting is egter dat lewerings aan abattoirs van April af sal piek,” sê die Vleisraad.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%