Namibiese regsvrou skitter internasionaal
Mnr. Cord Brügmann, president van die Internasionale Instituut van Uitvoerende Hoofde van Regsgenootskappe (Iilace), het in ’n nuusverklaring aangekondig me. Retha Steinmann, direkteur van die Namibiese Regsgenootskap, sal van 1 Februarie af in sy voetspore volg.
Iilace is ’n vereniging van uitvoerende hoofde van regs- en baliegenootskappe van dwarsoor die wêreld.
Vir die laaste jaar en ’n half het Steinmann as Iilace se visepresident gedien.
Sy het ook aan die begin van 2008 op Iilace se uitvoerende komitee gedien toe sy die instituut se konferensie in Windhoek aangebied het.
Sy is die enigste Afrikaan wat op dié komitee dien.
Brügmann het gesê: “Retha Steinmann was vir meer as 15 jaar ’n toegewyde vrywilliger en die organisasie sal by haar ervaring as direkteur van die Namibiese Regsgenootskap baat.”
Iilace se uitvoerende komitee sal van 1 Februarie af soos volg daar uitsien: Steinmann as president, me. Paula Littlewood van die Washington-balieraad as visepresident, me. Heidi Chu van die Hong Kongse Regsgenootskap as sekretaris/tesourier.
Me. Christine Grice van die Nieu-Seelandse Regsgenootskap en mnr. Paul Mollerup van die Genootskap van Deense Regsfirmas sal as algemene beamptes dien.
Hulle sal bygestaan word deur mnr. Jonathan Herman van die Federasie van Regsgenootskappe van Kanada, wat op 4 November 2017 tydens Iilace se algemene jaarvergadering in London verkies is.
Iilace is ’n unieke forum van uitvoerende hoofde van regs- en baliegenootskappe waar menings en inligting van gemeenskaplike belang vir die regsberoep op plaaslike, streeks- en internasionale vlak uitgeruil word.
Dit ondersteun die rol van regs- en baliegenootskappe en bevorder die oppergesag van die reg.
Vir verdere inligting, kontak mnr. John Hoyles, Iilace se sekretaris-generaal, by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie