Namibiese ondersteuners staan ferm agter Bulle
Raaiskote in die eerste week van MultiChoice Namibia en Republikein se jaarlikse Superrugby-tellingraaikompetisie reken tot dusver die Bulle gaan die Stormers in dié groot derby môre klop.
Minder as 'n derde van inskrywings wat reeds ontvang is (30,3%) voorspel dat die Kaapse span sy seisoen op Loftus op 'n wennoot sal afskop. Van die waagkanse gee 69,7% voorkeur aan die tuisspan.
Kyk in die kassie hoe om deel te neem. Inskrywings sluit met afskoptyd.
Oudergewoonte is daar die naweek twee kontantpryse van N$500 elk op die spel – MultiChoice se kontant is vir DStv Premium-intekenare, terwyl Republikein se prys deur enigeen losgeslaan kan word. 'n Premium-intekenaar kan ook 'n Explora dekodeerder wen.
Alle Premium-intekenare wat deelneem, kwalifiseer aan die einde van die Superrugby-reeks vir die prystrekking waarin MultiChoice N$10 000 aan een getroue intekenaar sal gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie