Namibiese modes oor die eeue heen

Amptelike bekendstelling van virtuele modemuseum vandag
Yandi Du Plessis
Die Museumvereniging van Namibië (MAN) het alle Namibiërs en wêreldburgers uitgenooi om die virtuele bekendstelling van die Virtuele Museum van Namibiese Modes vandag om 11:00 by te woon.

Dié deel van die projek kon realiseer danksy die insette van die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco), die Gerda Henkel-stigting, die Berlynse Etnografiese Museum, die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, die Universiteit van Namibië (Unam) en die Nasionale Museum van Namibië (NMN).

MAN werk tans in vennootskap met die NMN en die Unam aan die projek, wat deur die Gerda Henkel-stigting gefinansier word.

Hierdie gesamentlike projek het ten doel om die genesende en kreatiewe potensiaal te ontsluit van die koloniale versamelings uit Namibië wat in die Berlynse Etnografiese Museum in Duitsland en die etnografiese versameling in die Nasionale Museum in Windhoek gehou word. Dit verbind weer dié versamelings met mekaar en met hul erfenisgemeenskappe, navorsers en kunstenaars in Namibië.

As deel van die projek het NMN-personeel, geleerdes en studente van Unam en personeel van die Museumvereniging slypskole aangebied om erfeniskenners en navorsers, gemeenskapsverteenwoordigers en kunstenaars te betrek om 'n aktiewe rol in dié versamelings by die NMN te hê en veldwerk te doen met gedigitaliseerde versamelings in erfenisgemeenskappe oraloor die land.

Die doel van die projek is om weereens kennis oor die items in te boesem, obskure kulturele erfenis te dokumenteer en 'n belangrike bron van inspirasie vir kunstenaars en ontwerpers te wees.

Die kennis wat gedokumenteer word, insluitend mondelinge geskiedenis en kunswerke, sal met die breër publiek gedeel word in 'n aanlyn databasis, 'n publikasie en 'n uitstalling in 'n nuutgestigde Museum van Namibiese Modes (sowel as in 'n uitstalling by die NMN in Windhoek wat in die tweede fase van die projek gekonseptualiseer sal word).

Deur belanghebbendes in Namibië weer met koloniale versamelings uit Berlyn en Windhoek te verbind, wil die projek koloniale trauma aanpak, nuwe kulturele produksie aanmoedig en moontlikhede vir 'n dekoloniale kreatiewe toekoms skep. MAN glo museums moet lewende “organismes” wees wat gereeld moet aanpas en groei.

MAN is bewus dat die Covid-19-pandemie museums druk om aan te pas en dinge anders te doen. Gevolglik is die idee van 'n virtuele museum van Namibiese modes gebore en danksy finansiering van Unesco is dié idee verwesenlik.

Die virtuele museum sal amptelik geopen word deur Merja Iileka, die voorsitter van die Moderaad van Namibië, waarna verskillende belanghebbendes toesprake sal lewer en Big Ben, 'n veelbekroonde Namibiese kunstenaar, 'n musiekopvoering sal aanbied.

Die webwerf stel “besoekers” in staat om items te besigtig en interaktief daarmee om te gaan deur kommentaar by te voeg en foto's in te dien wat moontlik in die virtuele museum vertoon kan word.

“Die Covid-19-pandemie het ons gewys dat ons moet aanpas en leer om dinge anders te doen. 'n Virtuele modemuseum kan ook 'n interaktiewe opvoedkundige ruimte skep waar ons die Namibiese kultuur aan die plaaslike sowel as die internasionale publiek kan vertoon,” het Ndapewoshali Ndahafa Ashipala van MAN gesê.

Krale en skulpe; haar- en hooftooisels; leer- en velitems; metaalbykomstighede; plante, bene en rotse; tatoeëermerke en liggaammodifikasie; tekstiele; “The People's Gallery” en “Deep Roots: New Fashion” sal in die virtuele en fisiese museum uitgestal word. Laasgenoemde vertoon die werk van Namibiese modeontwerpers wat aspekte van hul kulturele wortels inkorporeer om nuwe style met 'n unieke Namibiese flair te skep.

Die Museum van Namibiese Modes sal op Otjiwarongo geleë wees en sal na verwagting later vanjaar of vroeg in 2022 open.

As jy 'n item, inligting of foto's het wat jy dink in die Museum van Namibiese Modes uitgestal kan word, kan jy MAN by [email protected] of +264 61 30 22 30 kontak.

Meer inligting oor die projek is op MAN se webwerf beskikbaar.

Kyk na die amptelike bekendstelling en opening op YouTube of Facebook (Museums Association of Namibia).

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.01/OZ DOWN -0.0006 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.79% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.97/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 902.90/OZ DOWN -0.0077 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.01/OZ DOWN -0.0006 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.79% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.97/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 902.90/OZ DOWN -0.0077