Namibiese maatskappy vervoer reus

11 October 2018 | In beeld
Walvis Bay Plant & Tool Hire Services Transport het ’n laaigraaf van die Navagab-goudmyn op Karibib af na Lewcor op Okahandja vervoer.

Die gesamentlike gewig van die vragmotors en laaigraaf is 368 ton, en die lengte van die twee vragmotors en sleepwa saam is 45 m. Die laaigraaf is op ’n multi-as sleepwa met 128 wiele vervoer en word deur een vragmotor gesleep, terwyl ’n tweede vragmotor van agter stoot. Dit is ’n spesiale sleepwa wat die gewig eweredig versprei en op alle asse ry sodat die pad nie beskadig word nie. Hoewel die maatskappy in staat is om die hele masjien op een slag te vervoer, moes die kajuit, skeparm en -bak weens hoogtebeperkings verwyder word. Foto verskaf

Soortgelyk

 

Pas jou rug op

10 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - Môre word Wêreldruggraatdag met die tema “Wees lief vir jou ruggraat” gevier. Lede van die Namibiese Chiropraktisynsvereniging en van hul pasiënte het...

Kleurryke Pik Botha sterf op 86

10 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Die afgelope naweek is selfs in die internasionale nuus wyd berig oor die afsterwe van die kleurryke en legendariese voormalige minister van...

Onwettige sandmyne se dae getel

10 ure gelede | Misdaad

Kenya Kambowe - Die omgewingskommissaris se kantoor is tans besig met die wysiging van omgewingsregulasies om hulle minder dubbelsinnig te maak en suksesvolle vervolgings te...

Ichingo Chobe River Lodge wen weer

10 ure gelede | In beeld

Ichingo Chobe River Lodge in die Zambezistreek is vir die tweede agtereenvolgende jaar tydens die Wêreldreistoekennings as die beste tentsafarikamp in Namibië aangewys. Die 2018-toekennings...

Namibië deel van vlootsimposium

10 ure gelede | Ministeries

Die senior verdedigingsbeampte en verdedigingsattaché vir die Amerikaanse ambassade in Windhoek, lt.kol. John Lacy, het verlede maand die Namibiese vlootbevelvoerder, skout-admiraal Sinsy Nghipandua, na die...

Weer vir 12 Oktober 2018

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre noordelike streke. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloe­dig warm wees met enkele buie in...

Drie sterf in ongelukke

10 ure gelede | Ongelukke

Drie mense het hul lewens die naweek in motorongelukke en ’n treinongeluk verloor. In ’n kop-teen-kop-botsing op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund is ’n...

Sossusvlei Desert Lodge beste safari-lodge

10 ure gelede | In beeld

&Beyond Sossusvlei Desert Lodge is as die beste safari-lodge in Namibië tydens die Wêreldreistoekennings aangewys. In 2016 het dié luukse safari-lodge ook met hierdie toekenning...

Kamushinda van vuilspel beskuldig

10 ure gelede | Howe

Catherine Sasman - Namibië se hooggeregshof het verlede Dinsdag uitspraak voorbehou in die saak waarin Zimbabwe se Metropolitan Bank en World Eagle Investment (Pty) Ltd...