Namibiese kuns onder die hamer in buurland

12 October 2018 | Kuns en vermaak
Strauss & Co, een van Suid-Afrika se voorste kunsafslaers, gaan 20 werke van die Namibies-gebaseerde versameling van wyle Peter en Regina Strack aanbied.

Boonop sal drie skaars Adolph Jentchs-olieskilderye en een Fritz Krampe-olieskildery op 15 Oktober opgeveil word.

Peter Strack is in Duitsland gebore, maar het in 1950 na Namibië verhuis en was ‘n vennoot by die argitekfirma Stauch & Partners.

Strack het sy kunsvaardighede en passie vir kunsversameling onder Adolph Jentsch se meesterhand aangekweek.

Dít wat hy saam met sy vrou, Regina, versamel het, is indrukwekkend omdat dit op Namibiese kunstenaars van die vroeë 20ste eeu fokus – onder meer Jentsch, Krampe, Axel Eriksson en Carl Ossmann.

Jentsch, ook ‘n gebore Duitser, het in 1938 na Namibië verhuis en is ‘n sleutelfiguur in Namibië se kunsgeskiedenis.

Sy meesterlike landskappe is met kalmte belaai. Jentsch se werk is al op verskeie Suid-Afrikaanse veilings aangebied.

In November verlede jaar het Strauss & Co een van sy gewilde skilderye, wat in 1940 naby die Swakopmundrivier geskilder is, vir R1,6 miljoen verkoop.

Omdat Jentsch se werk so skaars is, is dit hoogs aanloklik vir kunsversamelaars.

‘n Rampspoedige vuur, wat in 1975 op Gebhard en Dorothee von Funcke se plaas uitgebreek het, het baie van Jentsch se waardevolste werke vernietig.

Die Strack-versameling sluit drie olieskilderye in, onder meer Schafrevier (na raming R500 000 tot R700 000 werd), wat Dorothee von Funcke aan die Stracks agtergelaat het.

Hierdie werk is in Jentsch se die ikoniese gedempte kleurskema geskilder en beeld die Schafrivier naby Windhoek uit.

“Dié rustige kunswerk beklemtoon die belangrikheid van gehalte en oorsprong as hoeksteen van ‘n goeie kunsversameling,” sê Kirsty Colledge, ‘n senior kunskenner verbonde aan Strauss & Co, wat die Strack-versameling se besending hanteer het.

Ander werke wat ook opgeveil gaan word, is Vlei on Farm Teufelsbach (vir na raming R600 000 tot R800 000), ‘n ongewone blik op die Otjihaverarivier, en Ibenstein, SW Afrika (vir tussen R600 000 en R700 000), ‘n meesterlike nagtoneel in grys wat Peter Strack met die kunstenaars se boedel in 1983 gekoop het.

Die Strack-versameling sluit ook ‘n Jentsch-werk in akriel in, getiteld Schafrivier Ufer (vir R200 00 tot 300 000), wat in 1969 in die Suid-Afrikaanse Nasionale Galery tentoongestel is.

Arid Landscape with Trees (R5 000 – R7 000) is een van die vier waterverfskilderye wat ook op die veiling sal wees en is deur Dorothee von Funcke aan die Stracks geskenk.

Die Fritz Krampe-werke sluit van sy grootste skilderye in, onder meer ‘n skildery aan weerskante van die doek uit 1958, getiteld Village Scene with Woman smoking Pipe/ Fishing Boat (R250 000 tot R350 000).

Dié werk wyk ietwat van Kramp se ander werke af, omdat dit Oos-Afrika se nedersettings en sy mense uitbeeld, eerder as Kramp se bekende dierestudies.

Krampe se Cattle Frieze van 1959 (R200 000 tot R300 000) is ’n voorlopige studie van die kunstenaars se 10 meter lange Otjitambe Frieze.

Die Frieze-werke word breedvoerig bespreek in Timeless Encounters, ‘n boek oor Krampe wat in 2007 deur Peter Strack geskryf is.

Strack het in 2003 ook ‘n boek oor Jentsch gepubliseer.

Sy eie werk as kunstenaar word ook deur Strauss & Co waardeer.

Dit sluit onder meer twee ongedateerde beeldhouwerke uit palmhout in.

Die Strack-versameling bied verder werke van Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Alexis Preller se Pondo Girl (R80 000 tot R120 000) – ‘n houstkoolskets wat in 1938 gemaak is.

Die versameling bied die geleentheid om die ooreenkomste en verskille tussen Namibiese en Suid-Afrikaanse landskapskilders te bepeins.

In 1923 het die alombekende Suid-Afrikaner J.H. Pierneef Namibië besoek en ‘n uitstalling met plaaslike kunstenaars gehou.

Dit het Axel Eriksson ingesluit, wie se Kleine Spitzkoppen van 1921 (R30 000 tot R40 000) baie ooreenkomste met Pierneef se Suid-Afrikaanse kontemporêre bergagtige tonele toon.

Die veiling van die Strack-versameling vind op 15 Okotber om 19:00 in die Vinyard Hotel, in Kaapstad, plaas.

Soortgelyk

 

Moord-selfmoord ruk Oshakati

1 dag gelede | Misdaad

‘n Moorddossier is op Oshakati geopen nadat ‘n man na bewering eers sy vrou en toe daarna homself in die Ehenye-nedersetting op die dorp geskiet...

Vier sterf in grubotsing

1 dag gelede | Ongelukke

Vier mense is gisteraand in 'n grubotsing op die pad tussen Okahandja en Karibib dood. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao....

Resessie klou verbete

1 dag gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

1 dag gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

1 dag gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

1 dag gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

1 dag gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

1 dag gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...