Namibiese dramaturg keer triomfantelik terug

14 February 2020 | Kuns en vermaak
Ná hy vyf jaar van die toneelwêreld afwesig was, het hy nou sy eerste politieke hofdrama met ‘n satiriese inslag voltooi. Die ironies getitelde drama I am NOT corrupt is op ‘n ware Namibiese hofsaak geskoei.

Die internasionaal-bekroonde Namibiër, mnr. Frederick B. Philander, is bekend as die plaaslike dramaturg wat van die eerste volwasse naaktonele op die planke gebring het, ‘n blik gebied het op die uitbuiting van vroue in skoonheidswedstryde tydens die laat negentigs (The Beauty Contest) en baie ander sosio-politiese toneelstukke neergepen het.

Philander se niewinsgewende en pasaangeënde teatergroep, Committed Artists of Namibia, gebruik dié keer die groeiende golf van korrupsie, wat dreig om die ekonomie en sosiale pols van die nasie te vernietig, as basis.

“Skrywers soos ek het oor die jare fyn waargeneem hoe die ekonomie geplunder is deur mense met donker motiewe, sonder enige nagevolge. Die mense het geen nasietrots nie, en het my hand gedwing om die pen op te tel namens die armste armes in Namibië,” het Philander in ‘n verklaring gesê.

Volgens hom is die kern van die toneelstuk ‘n narratief van die misbruik van mag in ‘n moderne opset.

Manipulasie, opportunisme, ironie, teistering, afknouing, godsdienstige fanatici, absurditeit en komplotte van ‘n Shakespeariaanse aard ter voordeel van ‘n handjievol mense, word in die toneel vervleg.

“Ek het die uitdagende- en waaghalsige toneelstuk, my vyftiende, geskryf uit inherente patriotisme, ‘n burgerlike verantwoordelikheid en ‘n diepgewortelde sosiale verantwoordelikheid om die nasie te help opvoed. Die stuk dien ook as ‘n waarskuwing vir dié met kriminele motiewe wat die nasie skade wil aandoen,” het die veteraan-dramaturg gesê.

In 1996 het Philander die New York Drama Competition gewen met King of the Dump, ‘n toneelstuk oor armoede as ‘n wêreldwye verskynsel. In reaksie hierop het Errickson Shilemba in 2018 ‘n kritiese proefskrif vir ‘n meestersgraad in Engelse literatuur by die Universiteit van Namibië (Unam) ingedien.

Hy het oor vier dekades twee bundels van eenman- en veelkarakter-toneelstukke met ‘n sosio-politiese tema gepubliseer. Van sy veelbekroonde toneelstukke is al suksesvol by kunstefeeste en by universiteite in lande soos Engeland, Swede, Finland, België en Suid-Afrika opgevoer.

The Beauty Contest, Philander se mees suksesvolle toneelstuk, het in die negentigs alle taboes oorbrug in ‘n destyds-konserwatiewe Namibiese samelewing.

Die kontemporêre toneelstuk is uiteindelik bekroon ná dit vir drie opeenvolgende jare by die Grahams Town Arts Festival in Suid-Afrika opgevoer is.

Oudisies vir die toneelstuk, wat in Mei vanjaar op die planke gaan wees, sal môre (15 Feb) om 09:00 by die Teaterskool plaasvind. Namibiese akteurs wat belang stel kan 081 717 2406 vir meer inligting skakel.

Soortgelyk

 

Harte en hande oop

3 ure gelede |

Leandrea Louw op Walvisbaai – Namibiërs van oraloor het gister hul hande diep in hul sakke gesteek om inwoners van Walvisbaai by te staan wat...

The humble Chef Honey

3 ure gelede | Mense

Justicia Shipena Well-known as Chef Honey, 23-year-old Patrica Doeses strives for a better community. She matriculated from Amazing Kids Private School and Academy,...

'Ons wag nie vir virus om te verdwyn'

3 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw – Dit is nie nou die tyd om vinger te wys nie, maar eerder vir alle partye om saam te werk. “Die...

Weer, Dinsdag 28 Julie 2020

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in die Suide; elders sonnig en matig tot warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met miskolle in die...

Sowat sestig persent van kapitaalprojekte onvoltooid

3 ure gelede | Infrastruktuur

Kristien Kruger – Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het gister in Windhoek die media asook lede van die departemente oor die...

'Horingsmokkelaar' by Vioolsdrif-grenspos vas

3 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Man met dubbele burgerskap en twee identiteite wat met die rooftog van 33 renosterhorings uit 'n kluis in 'n huis op...

WorldSkills Africa postponed

3 ure gelede | Plaaslik

Justicia Shipena The Namibia Training Authority (NTA) last Monday announced the postponement of WorldSkills Africa 2020 (WSA2020) competition, which was slated to take...

Regering slag gans wat goue eiers lê

3 ure gelede | Landbou

Dr. Kobus Laubscher – Die impak van die uitgerekte droogte in sekere dele van Suid-Afrika skrei teen die voortydige opheffing van die noodtoestand en laat...

Dagboek vir die landbouer

3 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kortkursusse• 3-4 Augustus: Lewendehaweproduksie in Winddoek• 5-6 Augustus: Hidroponika & Akwaponika in Windhoek• 11-12 Augustus: Hidroponika & Akwaponika op Walvisbaai/­Swakopmund.• 8-19 Augustus:...