Namibiese bundel wen gesogte SA prys

04 December 2020 | Kuns en vermaak
Kunsredaksie



Die pas vrygestelde bundel, Land onder woorde, met die woordkuns van Namibiese aspirantskrywers en -digters wat verlede jaar die pen opgeneem het vir Windhoek Woordfees se heel eerste skryfkompetisie, is Maandagaand deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die Orde van die Beiteltjie vereer.

Die Afrikaanse Woordkunsaka­demie word deur die Cordis Trust in Suid-Afrika bedryf, wat die skryfkompetisie geborg en die bundel uitgegee het.

Land onder woorde is vanjaar deur dr. Chrisna Beuke-Muir saamgestel uit die gedigte en kortverhale wat vir die kompetisie ingeskryf was. Sy is senior lektor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Namibië (Unam), en die stigter en voorsitter van Windhoek Woordfees. Die fees het in 2013 sy beslag gekry met Republikein as een van die vennote.

Beuke-Muir het Maandagaand tydens die virtuele toekenning van die Orde van die Beiteltjie gesê die internasionale mark beskou Namibië soms as bydraend tot Afrikaans en Suid-Afrika as die kern van die Afrikaanse taal.

“Dikwels word buite reken gelaat watter dimensie Afrikaans in Namibië aan die groter prentjie van Afrikaans gee,” meen sy.

Die skrywers en digters het die virtuele toekenningsgeleentheid saam met die organiseerders van Windhoek Woordfees by Villa Vista Gastehuis in Windhoek bygewoon. Mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van Namibia Media Hold­ings (NMH), het ná die virtuele oorhandiging gesê volgehoue belegging in Afrikaans is vir Republikein baie belangrik.

"Die taal kan nie ontwikkel as daar nie mense soos julle is nie. Baie dankie dat julle dit bly ontwikkel," het hy gesê.

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

46 minute gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

16 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

16 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

16 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

16 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

16 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...