Namibies-Duitse projekte geloof
Die Namibies-Duitse Spesiale Inisiatiefprogram (NGSIP) sê lewende hawe wat aan begunstigdes van die program toegeken is, het hulle ’n nuwe kans op die lewe gegee.
Die NGSIP, met ’n waarde van sowat N$480 miljoen, is in die streke //Kharas, Hardap, Omaheke, Khomas, Kunene, Erongo en Otjozondjupa werksaam. Dit is vir ontwikkelingsprojekte in die gemeenskappe bedoel wat historiese bande met die Duitse regering het, soos die Nama, Damara, Herero en San.
Volgens ’n mediavrystelling wat onlangs uitgereik is waarin daar terugvoering gegee is oor die program se bedrywighede, is daar in 2012 meer as 860 bokooie en 43 bokramme aan weerlose huishoudings in die Bethanie-distrik versprei.
Mnr. Bernadus Kooper, ’n pa van drie wat gesukkel het om sy gesin aan die lewe te hou met rantsoene en die bietjie geld wat hy vir geringe arbeid op plase gekry het, was baie dankbaar vir die bokke wat hy ontvang het.
“Dit was vir my en my familie ’n verligting om te weet ons kan oor begin,” het hy gesê.
Volgens die NGSIP se programbestuurder, mnr. Matthew /Goagoseb, is begunstigdes opgelei in die behoorlike bestuur van lewende hawe om te help om ’n einde te bring aan die nare kringloop van armoede.
Me. Marietjie Hansen is verheug oor die bokmelk wat sy elke dag kry. “Die melk laat my voel asof ek elke dag jonger word,” het sy met ’n breë glimlag gesê.
Verlede jaar het die Primêre Skool Blouwes ’n nuwe rekenaarlaboratorium, ’n 48-bed-koshuis vir seuns, ’n eetsaal en ’n kombuis ontvang terwyl die Primêre Skool Nowak op Tses drie preprimêre skool klaskamers, opgeknapte toiletgeriewe en ’n rekenaarlaboratorium met 20 werkstasies gekry het.
Dié projekte het meer as N$8 miljoen gekos.
’n Span van die NGSIP wat Blouwes besoek het, is vertel die leerlinge is huiwerige om die wonderlike fasiliteite agter te laat wanneer hulle gedurende skoolvakansies huis toe gaan.
“Ons rekenaarlaboratorium en nuwe koshuis het ’n trekpleister geword en ons kan ons saal verhuur om ’n inkomste vir die koshuis te genereer,” het ’n skoolraadslid, mnr. Martin Isaacks, gesê.
Nowak se skoolhoof, me. Helen Kruser, het gesê die rekenaarlaboratorium het ’n gevoel van dissipline en trots onder die leerlinge geskep. “Kan jy jouself voorstel watter goeie resultate ons sal kan oplewer as hierdie ondersteuning na ander dele van ons skool uitgebrei kan word?”
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie