Namibian Sun trek nuwe baadjie aan
Namibia Media Holdings (NMH) se Engelse dagblad en Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, spog van vandag af met ’n splinternuwe voorkoms.
Volgens die redakteur, mnr. Toivo Ndjebela, strook die nuwe voorkoms met Namibian Sun se benadering tot verslaggewing: bondig en ondersoekend, maar steeds getrou aan die feite.
“Ons ou logo en voorkoms het ons die afgelope 12 jaar goed gedien. Maar, soos Patrice Lumumba eens gesê het, ’n goeie danser moet weet wanneer om die verhoog te verlaat,” sê Ndjebela.
Om die publiek ’n voorsmaak van die nuwe voorkoms te gee en as deel van die viering van Namibië se 30 jaar van onafhanklikheid, word 1 000 kopieë vandag gratis by sekere punte in Windhoek uitgedeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie