Namibië wil Afrikane van visumvereistes vrystel
Henriette Lamprecht
Namibië het in 'n poging om die vrye beweging van Afrikane te verseker, vanaf 10 Julie begin met die proses om inwoners van die vasteland van visumvereistes vry te stel.
'n Bykomende 31 Afrikalande se houers van diplomatieke en amptelike paspoorte is vir 'n maksimum tydperk van 90 dae van visumvereistes vrygestel.
Dít volgens die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah. Sy was tydens 'n ontmoeting met diplomatieke korps in Windhoek aan die woord.
Sy het voorts gesê met 'n ekonomie wat grootliks van primêre kommoditeite afhanklik is, is Namibië se nasionale ontwikkelingsplanne negatief deur die wêreldwye ekonomiese insinking geraak. In die lig hiervan fokus die Namibiese regering op sy strategie vir plaaslike groei vir nywerheidsontwikkeling, sowel as die beleid vir die bevordering van mikro-, klein- en mediumsakeondernemings.
Nandi-Ndaitwah het verwys na die afgelope grondkonferensie wat deur rolspelers in die regering, tradisionele owerhede, burgerlike samelewing, die private sektor sowel as internasionale deelnemers bygewoon is.
Sy het beklemtoon Namibië bly verbind tot politieke en sekuriteitsontwikkeling in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SADC), terwyl streeksintegrasie die land se algemene agenda vir streeksontwikkeling dryf.
Nandi-Ndaitwah het voorts kommer oor die situasie uitgespreek en 'n beroep op die land se regering gedoen om 'n program met mylpale in te stel vir die implementering van aktiwiteite wat deel van die plan vir dialoog en hervorming uitmaak.
Namibië gaan volgens haar ook 'n groep waarnemers na Madagaskar stuur vir die komende presidents- en parlementêre verkiesings om te verseker dit verloop vreedsaam, deursigtig en regverdig.
Volgens Nandi-Ndaitwah is Namibië aanstaande jaar ook gasheer vir 'n byeenkoms van die Focal Point Network wat in April plaasvind. Dit is die eerste keer dat dié vergadering in Afrika plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie