Namibië weer saam met nog ander Afrika-lande op rooilys
Brittanje het Namibië saam met nog ander Afrikalande gisteraand weer op sy "rooi lys" van lande geplaas waarvolgens reisbeperkings weens die pandemie en die nuwe variant van die koronavirus geld.
Die reisbeperkings is ingestel weens die nuwe variant van die virus, B.1.1.529 wat Dinsdag in Suid-Afrika geïdentifiseer is. Alle vlugte van Namibië, Suid-Afrika, Lesotho, Botswana, Zimbabwe en Eswatini is van vanmiddag 14:00 opgeskort.
Volgens die Britse minister van gesondheid, Sajid Javid, mag die nuwe variant meer aansteeklik as die Delta-variant wees "en die entstowwe wat ons tans het, mag minder doeltreffend daarteen wees".
Die variant wek kommer weens die meer as 30 mutasies op die stekelproteïen van SARS-CoV-2. Dit het tien mutasies op die reseptor-bindende domein, waar die Delta-variant net twee en die Beta-variant net drie gehad het. - BBC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie