Namibië vra respek vir Siriese skietstilstand
Die Russiese minister van buitelandse sake, mnr. Sergei Lavrov, is op besoek aan Namibië vir bilaterale samesprekings.
Estelle de Bruyn - Namibië ondersteun Sirië se territoriale integriteit en steun ook ‘n onderhandelde vreedsame oplossing in dié land.
Voorts vra Namibië dat die skietstilstand in Sirië om humanitêre bystand aan die burgerlike bevolking te verleen, gerespekteer word.
Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het gister (Dinsdag) samesprekings met die besoekende Russiese minister van buitelandse sake, mnr. Sergei Lavrov, gevoer.
By die geleentheid het sy Rusland vir hul ondersteuning in die jare van die bevrydingstryd bedank.
Sy het daarop gewys dat sy een van die Namibiërs is wat baat gevind het by Russiese bystand en wat die geleentheid gehad het om aan die Lenin Hoër Kosomol-skool te studeer.
“Die lang vriendskap is die middelpunt van ons politieke betrekkinge en bilaterale samewerking deur die interregeringskommissie, wat die twee lande en ons mense nader aan mekaar bring,” het Nandi-Ndaitwah by die geleentheid gesê.
Sy was verlede jaar medevoorsitter van dié kommissie toe dit vir die sewende keer vergader het.
“Albei lande stem saam dat dit gebiedend noodsaaklik is om bilaterale ooreenkomste te implementeer wat deur die twee lande gesluit is,” het sy bygevoeg.
Volgens Nandi-Ndaitwah is Rusland ‘n belangrike en permanente lid van die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) se direksie.
Sy het Rusland vir die ondersteuning van Namibië se aansoek bedank om aan te sluit by die Groep van Kernvoorsieners.
“Ons sien uit na u voortgesette steun terwyl ons ons posisioneer om optimale voordeel uit hierdie hulpbron te put.
“Namibië het die moratorium op uraan opgehef en gevolglik kan die implementering van gesamentlike projekte in eksplorasie, ontginning en prosessering van uraanerts in ons land begin,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Sy het ook die voortgesette onderhandelinge tussen Rusland en Namibië vir die ondertekening van ‘n memorandum van begrip oor die vreedsame gebruik van kernenergie verwelkom.
Die adjunk- eerste minister het die Russiese federasie bedank vir die beurse wat aan Namibiese studente beskikbaar gestel word om daar te studeer.
Sy het daarop gewys dat Namibië ‘n ondertekenaar van die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering is en aangebied het om die Afrika-streekskantoor van die Groen Klimaatfonds te huisves.
Nandi-Ndaitwah het Rusland ook alle welslae toegewens met die verkiesings wat eersdaags in dié land gehou word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie