Namibië vervaardig eie robotte

Elvira Hattingh
Mariselle Stofberg - Om robotte te bou, is nie meer iets wat net vir die buiteland beskore is nie.

Ingenieurswese-studente aan Namibië se Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (NUST) het by die vervaardigingslaboratorium (FabLab) begin eksperimenteer deur hul eie robotte te bou.

By die FabLab is onder meer werkende prototipes en robotte wat hulself bestuur, te siene. Die leier van hierdie projek is plaaslike ingenieur en robot-fanatikus Raouf Muhamedrahimov.

“Ons eie robot met die naam Larry (Learning Autonomous Road Rover) is die produk van al die teorieë wat in praktyk in Namibië toegepas is.”

Larry is 'n klein robot wat geprogrammeer is om sonder 'n bestuurder rond te beweeg en dit kan voorwerpe in sy pad deur middel van 'n kamera identifiseer. “Ons hoofdoel met die ontwikkeling van Larry is om die interne vermoëns van die FabLab asook die van Namibiese studente en entrepreneurs uit te brei.” Dit sal deur die verskeie kennisoordragprogramme en onder meer die robotikakursus van die FabLab plaasvind.

Stelle van robotika-toerusting wat ook deur studente van NUST by die FabLab ontwikkel en vervaardig word, maak robotika toeganklik vir studente en verskaf dikwels die eerste werklike praktiese interaksie tussen studente en robotte.

Die platform maak dit vir studente moontlik om met robotte te eksperimenteer en selfs hul eie robotte te bou en onskatbare kennis aan studente te verskaf. Toegang tot 'n interaktiewe robot is ook 'n nuttige hulpmiddel om jonger Namibiërs by wetenskap en tegnologie te betrek.

Bjorn Wiedow, medestigter en adjunkdirekteur van FabLab, het nog voordele van dié projek uitgewys. “Studente kan nou hulle eie idees, eksperimente en innovasie toets, wat die kern van die FabLab en tegnologiegebaseerde entrepreneurskap is. Dit kan tot groter innovasie en selfs direkte oordrag na groter projekte lei.

"'n Voorbeeld hiervan is ons vermoë om byvoorbeeld kunsmatige intelligensie-algoritmes wat ons vir Larry ontwikkel het, oor te dra aan groter robotte of plaasgereedskap. Dink net, hierdie robotte kan op plase rondry en vir gate in die heinings, vure en ’n magdom ander dinge kyk.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!