Namibiu00eb 'verraai opofferings'
Namibiu00eb 'verraai opofferings'

Namibië 'verraai opofferings'

As die land nog nie daar is nie, is dit beslis op pad na mislukking, meen dr. Panduleni Itula.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die man wat in November verlede jaar vir pres. Hage Geingob by die stembus laat les opsê het, meen Namibië is verkoop en sy hulpbronne opgeplunder.

Dr. Panduleni Itula, onafhanklike kandidaat en tandheelkundige, het gister oor Geingob se staatsrede (Sona) eerskomende Donderdag gesê: “Die Sona in 'n paar woorde moet lees 'n nasie wat sy helde en heldinne se opofferings verraai het – 'n land wat verkoop is en wie se hulpbronne geplunder is'.”

Syns insiens is Namibiërs se “énigste hoop in ons eie hande deur 'n nuwe benadering in eenheid,” sê Itula.

“Selfs as jy ons huidige leierskap 'n verdere gesteelde vyf jaar gee, sal hulle ons net gesamentlik dryf na armoede, werkloosheid en hemelhoë skuld aan hul 'vriende',” het hy gesê.

Itula skryf sy mening daaraan toe dat die regering se Harambee-welvaartsplan glo volgens hul eie bekentenis onsuksesvol was en omdat die land se ekonomie vanweë korrupsie en verkeerde toekenning van hulpbronne op sy knieë is.

“Dit sal politieke selfdood wees vir enige leier om voor te gee alles is wel,” sê hy.



HOPWOOD HOOP

Die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood, sê hy hoop Geingob neem verlede jaar se verkiesingsuitslae in oënskou en gee sy mening oor hoekom hy én die party stemme verloor het.

“Die uitslae van die verkiesing was 'n wekroep, en dit sal goed wees om te hoor watter beleidsreaksies word beplan om die openbare vertroue in die regering te herstel,” meen Hopwood.

Hy sê Donderdag se toespraak behoort ook die Fishrot-skandaal aan te spreek “indien nie direk nie omdat dit nou in die hof is, maar ten minste die implikasies daarvan op regeringsbestuur. Ek hoop die president sal uiteensit wat die regering doen om die stryd teen korrupsie op te skerp en nuwe maatreëls om deursigtigheid te steun en te verseker ons het nie meer sulke skandale nie.”

Twee oudministers, mnre. Sacky Shanghala en Bernhard Esau, is in aanhouding weens die beweerde grootskaalse plundering van Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar.

Hopwood sê voorts hy hoop Geingob werp lig op verdere welstands- en bystandspakkette wat deur die Covid-19-pandemie genoodsaak word.

Daarnaas moet Geingob ook aandag skenk aan die lewe ná Covid-19 “en kyk na die hepatitis E-situasie en wat gedoen is om sanitasie in informele nedersettings te verbeter. Die hepatitis E-uitbreking woed al vir langer as twee jaar. Hepatitis E het duisende mense geraak en meer as 60 lewens geëis.”

Hopwood wil ook graag terugvoering hê oor die Harambee-welvaartsplan.

Mnr. Mike Kavekotora, die leier van die Rally for Democracy and Progress (RDP), sê hy verwag niks meer as 'n Covid-19-toespraak van Donderdag se Sona nie. “Hy (Geingob) sal aan die ekonomie raak, maar nie baie aan strukturele aanpassings nie. Hy moet sy regering se ekonomiese herstelplan uiteensit en hoe skuldvlakke verminder sal word.” Dié opposisieleier sê die president sal ook moet praat oor jeugwerkloosheid en oor geslagsgegronde geweld.

Die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, sê hy spring Donderdag vir Geingob voor met die “regte staatsrede”. Dít sal na verwagting in die voormiddag geskied, terwyl Geingob se rede vir 14:30 in die Nasionale Vergadering (NV) geskeduleer is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%