Namibië veroordeel slawehandel in Libië
Ronelle Rademeyer - Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het die naweek in ‘n sterk bewoorde verklaring die “afskuwelike en veragtelike” verskynsel van die verkoop van mense by slaweveilings in Libië “deur immorele groepe en individue” veroordeel.
Die wêreld is geskok toe ‘n video wat toon hoe slawe teen US$400 stuk in Libië opgeveil word, op sosiale media versprei is. CNN en ander internasionale media het daarmee die internasionale wêreld se aandag gevestig op die uitbuiting van migrante en vlugtelinge in dié Noord-Afrikaanse land.
Die leiers van Libië, Frankryk, Duitsland, Tsjad, Niger asook ander Afrikalande het verlede week ooreengekom om duisende migrante te verskuif wat in detensiekampe in Libië aangehou word.
Die video wys hoe mensehandelaars dosyne mans buite die Libiese hoofstad, Tripoli, opveil.
Die ministerie sê Namibië verwerp dié vernederende en onmenslike praktyk en voeg by in die Afrika waarna gestreef word, is daar nie plek vir enige vorm van slawerny nie, insluitend moderne slawerny.
Verder verwelkom die regering Libië se onderneming om die nodige stappe teen die oortreders te doen en om sy samewerking aan die Afrika-kommissie vir menseregte te verleen.
“In dié verband herinner Namibië hom aan die internasionale gemeenskap se verbintenis in die politieke deklarasie wat verlede jaar in Septembver in New York tydens die vergadering van die Groot Beweging vir Vlugtelinge en Migrante geneem is.” Lidlande het daarin onderneem om vlugtelinge en migrante te ondersteun en die oorsake vir hul situasie te takel, sê die ministerie in sy verklaring.
Verder ondersteun die regering die voorsitter van die Afrika-kommissie se besluit om die kommissaris vir sosiale aangeleentheid opdrag te gee om saam met Libië en ander belanghebbendes te kyk hoe die situasie van migrante verbeter kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie