Namibiu00eb verloor miljarde aan siektes
Namibiu00eb verloor miljarde aan siektes

Namibië verloor miljarde aan siektes

Nie-oordraagbare siektes het aansteeklike siektes as die grootste teenvoeter vir produktiwiteit verbygesteek.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – In 2015 het siektes wat Namibië se bevolking raak ‘n verlies van N$156 miljard vir die land se bruto binnelandse produk (BBP) veroorsaak.

Dié siektes sluit aansteeklike siektes soos tuberkulose (TB), seksueel oordraagbare siektes (STD’s), MIV/vigs en beserings weens padongelukke in.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sê in 2015 het na raming byna 630 miljoen jaar in gesonde lewens verlore gegaan weens siektes wat die bevolkings van 47 Afrikalidlande, insluitende Namibië, raak.

Dit lei na ‘n verlies van meer as US$2,4 triljoen in die streek se jaarlikse BBP.

Volgens die WHO se jongste verslag, A Heavy Burden: The Productivity Cost of Illness in Africa, het nie-oordraagbare siektes aansteeklike siektes verbygesteek as die grootste teenvoeter vir produktiwiteit, en behels dit 37% van die siektelas.

Ander sondaars vir verlore gesonde jare is oordraagbare en parasitiese siektes, neonatale, swangerskap- en voedingsverwante siektes, asook beserings weens padongelukke.

Die studie meet die algehele las van siektes as die aantal jare wat weens swak gesondheid, gestremdheid of vroeë sterfte verlore gaan (DALY).

Dit word bereken as die som van die aantal jare wat verloor is weens vroeë sterfte (YLL) plus die aantal jare verlore weens gestremdheid (YLD) vir mense wat met ‘n gesondheidstoestand of die gevolge saamleef.

Volgens die verslag het siektes wat Namibië raak, gelei tot ‘n totaal van 1,13 miljoen DALY’s, waarvan 619 000 as gevolg van oordraagbare siektes, swangerskapverwante, perinatale en voedingstoestande was.

Aansteeklike en parasitiese siektes soos TB en STD’s het tot die grootste verlies van gesonde lewensjare gelei, gevolg deur MIV/vigs en neonatale toestande. Nie-oordraagbare siektes was verantwoordelik vir 388 100 DALY’s.

Nie-oordraagbare siektes sluit ook beserings in wat in ongelukke opgedoen is, kardiovaskulêre siektes en dwelmmisbruik.

Volgens die verslag kan sowat 47%, of US$796 miljard, van dié verlies aan produktiwiteit vermy word in 2030 as die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (UHC) verwant aan dié toestande bereik word.

Vier jaar voor die sperdatum skiet lande se gemiddelde uitgawes vir gesondheid in die streek egter ver tekort, waarsku die WHO se direkteur vir Afrika, dr. Matshidiso Moeti.

As oogmerk vir die derde volhoubare ontwikkelingsdoelwit sê die verslag sal universele gesondheidsdekking van lande op die vasteland vereis om gemiddeld ten minste US$271 per kapita op gesondheid, oftewel 7,5% van die streek se BBP, te bestee.

Die Verenigde Nasies se Konferensie vir Handel en Ontwikkeling (UNCTAD) skat lande moet tot 2030 tussen US$1,5 tot US$2,5 triljoen per jaar bestee om die 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te bereik.

Laeinkomstelande sal ‘n bykomende US$671 miljard (gemiddeld US$76 per kapita) tot 2030 moet bestee om die gesondheidsverwante ontwikkelingsdoelwitte te bereik.

Vyf lande, naamlik die Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Nigerië, Suid-Afrika en Tanzanië is verantwoordelik vir byna 50% van die totale aantal jare wat in gesonde lewens (DALY’s) in die Afrikastreek verlore gaan.

“Die verslag toon aan hoe die verwesenliking van kritieke gesondheidsdoelwitte, insluitende universele gesondheidsdekking, op ‘n groot skaal tot armoedeverligting kan bydra, ongelykhede in lewensverwagting kan verminder, maatskaplike uitsluiting kan pak en ook politieke bestendigheid en ekonomiese ontwikkeling in die streek kan bevorder,” sê me. Grace Kabaniha, ’n gesondheidsekonoom by die WHO se Afrika-streekkantoor.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%