Namibië vee voor eie deur

Inwoners van oraloor die land was Vrydag vroeg uit die vere om aan die nasionale skoonmaakveldtog deel te neem.
Denver Kisting
Denver Kisting



'n Skoon Namibië is 'n gesonde Na­mibië.

Só het president Hage Geingob Vrydagoggend aan die buitewyke van die hoofstad gesê toe die nasionale skoonmaakveldtog afgeskop het.

Namibiërs van oraloor die land het op dié dag moue opgerol en gehoor gegee aan Geingob se pleidooi om voor hul eie deur te vee en die land skoon te maak.

Sosialemediaplatforms het sedert Vrydag uit hul nate gebars soos mense wyd en syd beeldmateriaal gedeel het van hul bydrae tot die veldtog.

Geingob het voorts Vrydagoggend in die Samora Machel-kiesafdeling in Katutura gesê: “Die nasionale veldtog is sonder twyfel die begin van 'n nuwe hoofstuk vir ons stede, dorpe en nedersettings. Kom ons gebruik die geleentheid om 'n positiewe impak te maak en daadwerklike stappe te neem om Namibië gesond en skoon te hou.”

Volgens die staatshoof is dit almal se plig en verantwoordelikheid om na die omgewing om te sien. Daarnaas moet Namibiërs ook toesien dat hulle in higiëniese omstandighede woon.

“Dit is ons maatskaplike verantwoordelikheid om te verseker ons omgewing word bewaar en (goeie) lewensomstandighede bly vir jare en dekades behoue,” het die president gesê.

Verskeie rolspelers het van oraloor die land skouer aan die wiel gesit om deel te neem aan wat allerweë as 'n suksesvolle poging bestempel is.

Die waarnemende woordvoerder van die Namibian College of Open Learning (Namcol), mnr. Conny Samaria, sê dié liggaam het reeds Donderdag sy kant in Windhoek gebring.

Daarnaas het hulle ook op Ongwediva, Rundu, Gobabis en Otjiwarongo help opruim.

Gondwana Collection sê in 'n verklaring hul pogings het ook verlede Donderdag in verskeie woonbuurte afgeskop.

Om die volhoubaarheid van die veldtog 'n verdere hupstoot te gee, het elke Gondwana-werknemer 'n katoensak gekry sodat hulle minder plastieksakke gebruik.

Gondwana se uitvoerende hoof, mnr. Gys Joubert, sê hulle glo dit handel oor meer as 'n jaarlikse skoonmaakveldtog. “Dit gaan oor 'n kultuurverandering oor rommel en selfs oor water- en energieverbruik. In die ­algemeen gaan dit oor ons prag­tige omgewing. Ons glo jy kan nie jou kinders in die oë kyk en sê jy het hulle lief én iets vir jouself neem wat aan hulle en die toekoms behoort nie.”

Met die goewerneurs aan die spits van sake het al 14 streke reeds die afgelope weke in aanloop tot Vrydag se verrigtinge hul kant gebring. Skole, kerke en die sakegemeenskap het ook hul steun aan die veldtog toegesê.

Tydens 'n onlangse vergadering met sakelui by Staatshuis het president Geingob gesê hy kon sy oë nie glo toe hy hoor die Rwandese hoofstad, Kigali, het Windhoek as die skoonste stad op die Afrikavasteland onttroon nie en het toe besluit “aikôna, ons moet iets daaraan doen”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.65/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.41% | Zinc US$ 2 858.80/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.03/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 911.96/OZ UP +1.09%