Namibië vat voor vir DRK-vrede

31 December 2002 | Politiek en nasionale nuus
NAMIBIë het aan die voortou gestaan van \'n afvaardiging wat hopenlik vroeg aanstaande jaar blywende vrede na die oorloggeteisterde Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) kan bring.
Tydens die vergadering van die politieke komitee vir die implementering van die skietstilstand- ooreenkoms in Kampala, Uganda, is Namibië as vise-voorsitter vir die vergadering aangewys, terwyl Uganda as voorsitter opgetree het.
Namibië is saam met Uganda, Rwanda en Zimbabwe deur die komitee opdrag gegee om die algemene implementering van die skietstilstand- ooreenkoms onder die loep te neem en teen 28 Februarie 2003 \'n verslag aan die komitee voor te lê. Die verslag sal gebruik word om aanbevelings aan die partye wat die ooreenkoms onderteken het, te maak rakende die toekoms van die komitee sowel as die vredesproses.
Die skietstilstand in die Demokratiese Republiek van Kongo gaan voort ingevolge die neergelegde konvensionele riglyne wat \'n fundamentele element van die ooreenkoms verteenwoordig, maar proksie-oorloë duur steeds in die ooste van die land voor.
Dr. Kairo Mbuende, Adjunkminister van Buitelandse Sake, het Namibië tydens die komitee se 15de vergadering verteenwoordig.
Dr. Mbuende sê Namibië se bydrae tot die die situasie in DRK het op politieke gronde plaasgevind en die Namibiese sending is nou voltooi.
Volgens hom is die implementering van die skietstilstand in die Kongo onherroepbaar op koers.
\"Die DRK het besef dat militêre oplossings nie die die metode is waarop hulle kan staatmaak om hul doelwitte te bereik nie. Politieke oplossings sal die pad vorentoe moet baan,\" het dr. Mbuende gesê.
Die besprekings oor die implementering van die ooreenkoms vir \'n skietstilstand het begin nadat \'n verdrag verlede Dinsdag in Pretoria deur Kongolese krygvoerendes onderteken is, ter aanvoering van \'n nuwe oorgangsregering.
Die Ugandese minister van buitelandse sake, mnr. James Wapakhabulo, het tydens die opening van die vergadering gesê verteenwoordigers sal die pad vorentoe bespreek om \"totale vrede in die streek\", te verseker.
Buitelandse magte het reeds uit die DRK onttrek, met die uitsondering van die Ugandese troepe wat nou ingevolge \'n bilaterale ooreenkomste met die regering van die DRK beskerm word.
In \'n amptelike communiqué wat ná afloop van die tweedaagse vergadering uitgereik is, het die politieke komitee sy kommer uitgespreek oor die voortgesette gevegte onder Kongolese partye wat in die ooste van die DRK voortwoed. Spesifieke verwysing is gemaak oor die situasie in die Ituri- provinsie waar daar nog nie \'n komitee vir vredestigting op die been gebring is om die veiligheidsituasie te stabiliseer nie. Die komitee het vir die maksimum samewerking van alle betrokke partye gevra om te verseker dat vrede in dié deel van die DRK bewerkstelling word.
Met verwysing na die ontwapening, demobilisasie, repatriasie, herstel en hervestigingsoefening (DDRRR), het die komitee \'n verslag van die spesiale verteenwoordiger van die Verenigde Nasies tot die DRK ontvang, waarin bevestig word dat die DDRRR-oefening onmiddellik begin.
Die komitee het ook kennis geneem van die geringe vordering wat in die DDRRR gemaak is sedert die Rwanda/DRC ooreenkoms wat op 30 Julie vanjaar in Pretoria onderteken is. \'n Beroep is op die DRK- regering en die Verenigde Nasies se magte gedoen om te verseker dat die oefening binne die bepaalde datums afgehandel word, soos wat op 1 November besluit is.
\'n Versoek is deur die komitee aan die Gesamentlike Militêre Kommissie (GMK) gerig om \'n verslag saam te stel oor sy aktiwiteite om sodoende oor die toekoms van die GMK te besluit. Die verslag sal op 31 Januarie 2003 aan die voorsitter van die politieke komitee oorhandig word.
Daar is ook besluit om die Gesamentlike Militêre Kommissie op streekvlak van 31 Desember te ontbind, om sodoende besparingsmaatreëls te bewerkstelling.
Dr. Mbuende is van mening dat die GMK hul werk in DRK voltooi het en dat dit nou die verantwoordelikheid van die regering is om \'n stabiele toekoms in die DRK te bepaal.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...