Namibiu00eb vaar uit teen Floyd-moord
Namibiu00eb vaar uit teen Floyd-moord

Namibië vaar uit teen Floyd-moord

'n Amerikaner se grudood aan die hand van polisielelede het die wêreld woedend.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die Namibiese regering sê by monde van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, hulle volg met reusekommer die gebeure rondom mnr. George Floyd, 'n Amerikaner van Afrika-herkoms, se onlangse moord in Minneapolis, Minnesota, aan die hand van polisielede.

“As slagoffers van geïnstitusionaliseerde en sistemiese rassisme tot drie dekades gelede, spreek die regering van Namibië en sy mense diep woede uit en keur die wrede moord op Floyd deur Amerikaanse polisielede ten sterkste af.”

Nandi-Ndaitwah, ook die land se adjunkpremier, sê ofskoon Amerikaners van Afrika-herkoms se woede geldig en geregverdig is, doen die Namibiese ­regering 'n beroep op hulle om selfbeheersing toe te pas.

“Rassisme is 'n misdaad teen die mensdom en behoort geen plek in enige samelewing in die wêreld te hê nie,” sê sy.

Die Namibiese regering doen terselfdertyd 'n beroep op sy Amerikaanse eweknie om alles in die stryd te werp om die waardigheid en regte van veral Amerikaners met 'n herkoms uit Afrika te herstel, sê Nandi-Ndaitwah.

Volgens me. Connie Herselman, dosent in internasionale betrekkinge aan die Universiteit van Namibië (Unam), is die huidige situasie in die Verenigde State van Amerika (VSA) die gevolg van jarelange frustrasie – veral by Afro-Amerikaners – weens polisiegewelddadigheid.

“Die #BlackLivesMatter-beweging duur al vir jare voort en soveel pleidooie is al aan die VSA-regering gerig om die polisie te kry om op te hou om veral jong, swart mans in Amerika te teiken.

“Baie mense sê die optogte het té ver gegaan met die plundering en onluste en meen die beweging verloor steun wat tot minagting sal lei. Ek wil mense net vra indien dit jou broer of pa of seun was wat gesterf het soos George Floyd, en as julle ook geweet het dit was nie 'n eenmalige voorval nie, maar deel van 'n stelsel van strukturele geweld, sou julle nie ook bloedig kwaad gewees het nie?”

Dat mense bereid is om hul gesondheid te midde van Covid-19 op die spel te plaas en te betoog, is 'n aanduiding van die vlak van ontevredenheid, sê Herselman.

Sy sê dit blyk ooglopend dat pres. Donald Trump se regering nie goeie rasse­betrekkinge prioritiseer of daarop fokus om meer gelykheid teweeg te bring nie.

Die Amerikaanse ambassade in Windhoek se woordvoerder, mnr. Walter Parrs, sê hulle is eweneens bekommerd oor die gebeure die afgelope week ná Floyd se moord.

Sy dood dui op 'n mislukking van die Amerikaanse ideaal van vryheid en geregtigheid vir almal.

Parrs sê die voorval het 'n ongemaklike, maar baie belangrike gesprek oor ras, geregtigheid en verandering op die spits gedryf.

Me. Inna Hengari, LP en woordvoerder van die Popular Democratic Movement (PDM), het die afgelope week in 'n verklaring gesê: “Niemand verdien om soos George Floyd te sterf nie. Die moord op diegene in Amerika wat minderwaardig geag word geskoei op hul velkleur kan nooit geregverdig word nie.”

Die PDM doen 'n beroep op die Afrika-unie om tussenbeide te tree.

Die amptelike opposisie moedig ook die Amerikaanse regering aan om onmiddellik rassisme in hul land as 'n kwessie te takel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!