Namibiu00eb tweede beste in wildbewaring
Namibiu00eb tweede beste in wildbewaring

Namibië tweede beste in wildbewaring

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Namibië is as die tweede beste land in wildbewaring op die Megafauna Conservation Index (MCI) aangewys.

Buurland Botswana is as die wenner uit 152 lande gekroon.

Die ander lande in die toptien is Tanzanië, Boetan, Zimbabwe, Noorweë, Sentrale-Afrikaanse Republiek, Kanada, Zambië en Rwanda.

Die kriteria vir ’n bewaringsland bestaan uit drie elemente: Die hoeveelheid grond wat deur megafauna in ’n land beslaan word, die persentasie megafauna-habitat wat onder beskerming is, en die persentasie van die bruto binnelandse produk wat vir befondsing vir plaaslike en internasionale bewaringspogings aangewend word.

Die studie is deur die Oxford-universiteit se wildbewaring-navorsingseenheid in samewerking met Panthera gedoen.

Uit die 152 lande wat ondersoek is, is die lande wat die hoogste op die ranglys is van ontwikkelende lande met slegs Noorweë en Kanada as ontwikkelde lande in die toptien.

Die studie het bevind dat Afrika koning kraai as die beste presteerders. Afrika word op die ranglys gevolg deur Noord-Amerika, Asië, Europa en Suid-Amerika.

“Namibië is een van die min lande in die wêreld wat ernstig oor wildbewaring is en is die eerste land in Afrika wat natuurbewaring in die Grondwet ingesluit het,” is die lofsange wat aan Namibië besing word.

“Kommunale bewaringsgebiede is geskep wat aan gemeenskappe die mag gee om hul natuurlike hulpbronne te bestuur. Dit het vrugte afgewerp met bevolkings van jagluiperds, leeus, sebras en swartrenosters wat herstel is.”

Navorsers sê sommige lande kry dit eenvoudig reg: “Hulle verstaan dat ons nie die wêreld waarin ons bly besit nie en dat ons die planeet met ander inwoners deel.”

Die lande wat die laagste op die MCI-ranglys is, is Irak, Oman, Liechtenstein, Uruguay, Jemen, Katar, Libië, Sirië, die Verenigde Arabiese Emirate en San Marino. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!