Namibië steier onder selfdood
'n Plaaslike geestesgesondheidskenner sê die land benodig 'n sentrum wat op voorkoming fokus.
Denver Kisting - Tussen Januarie verlede jaar en Februarie vanjaar het 496 mense in Namibië deur hul eie toedoen gesterf.
Skokstatistieke, wat vroeër deur die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, uitgereik is, toon 407 mense was volwasse mans, terwyl 74 volwasse vroue hul eie lewe geneem het. In dié tydperk het 11 seuns en vier meisies weens selfdood gesterf.
Dít bring die getal minderjarige kinders wat hulself om die lewe gebring het op 15 te staan.
Die meeste gevalle van selfdood is tydens September verlede jaar aangemeld toe 52 mense dood is.
Van dié getal was 41 mans, nege vroue en twee seuns.
Desember verlede jaar het die tweede meeste selfdoodslagoffers geëis. In dié maand het 48 mense luidens Ndeitunga se verslag hul eie lewens geneem – 38 volwasse mans, agt volwasse vroue en twee minderjarige seuns.
Tydens Augustus verlede jaar en Januarie vanjaar het 46 en 44 mense onderskeidelik as gevolg van selfdood gesterf.
'n Windhoekse predikant, ds. Clem Marais, het gister by navraag gesê: “Die eerste ding wat mens moet sê, is dit gaan oor die gebrek aan hoop wat mense het. Hulle gryp dan na selfdood as die enigste opsie sonder om te dink watter impak dit op hul naasbestaandes het.
“Dit is iemand wat op 'n punt gekom het waar hy of sy nie meer hoop het nie.”
Maar, sê Marais, selfdood word dikwels voorafgegaan deur geestesongesteldhede en het gereeld 'n lang aanloop.
“Met ander woorde, die persoon ly aan depressie. Ek het baie empatie met depressielyers. Ek dink nie dis iets wat iemand op die ingewing van die oomblik besluit nie. So, dit hou verband met onderliggende depressie.”
Die geestelike leier sê jongmense wend hulle gewoonlik tot selfdood wanneer gesonde gesinsverhoudings ontbreek.
“Die kind het nie 'n plek waarna hy of sy kan uitreik as moeilikheid toeslaan nie, omdat hulle 'n swak verhouding met hul ouers het.”
Trouens, sê Marais, een van die grootste krisisse van die hedendaagse samelewing is verbrokkelde gesinsverhoudings.
Volgens hom gebeur dít as gevolg van albei ouers wat voltyds moet werk om in hulle gesinne se behoeftes te voorsien te midde van moeilike ekonomiese omstandighede.
LEWENSKOSTE
“Dit is 'n uitvloeisel van ons kapitalistiese samelewing én verhoogde lewenskoste. Pa en ma moet werk om die pot aan die kook te hou en het nie meer tyd vir hul kinders nie.”
Hiernaas, maan hy, is 'n groot gedeelte van die samelewing onder geweldige druk om 'n sekere lewenstyl te probeer handhaaf.
“Sommige van ons vlieg hoër as wat ons vlerke ons kan dra en dit sal 'n opoffering van ouers vra om laer te vlieg, maar só meer tyd met hul kinders deur te bring.”
Dr. Shaun Whittaker, 'n kliniese sielkundige in die hoofstad, het gister gesê: “Dit blyk die voorkoms van selfdood neem ongelukkig nie af nie, en dit bly 'n kwessie van geweldige kommer in die land.”
Navorsing het vantevore getoon selfdood eis meestal jong, volwasse mans wat werkloos is, en dit is waarskynlik stééds die geval, sê hy.
“Binne die konteks van die verswakkende ekonomiese toestande, sal die voorkoms van selfdood hoog bly, en as 'n land sal ons die werkloosheidskrisis moet oorbrug.”
Whittaker sê daar bestaan 'n behoefte aan 'n sentrum gemoeid met die voorkoming van selfdood in 'n poging om die probleem suksesvol te pak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie