Namibië skaar hom by Venezuela

Plaaslike rolspelers bekommerd

01 February 2019 | Ministeries
Augetto Graig - Namibiese burgers het Woensdag ’n optog in Onafhanklikheidsrylaan in Windhoek se middestad ter ondersteuning van Venezuela en sy mense gehou.

Die klein optog is deur middel van WhatsApp gereël en weerspieël die Namibiese regering se amptelike standpunt, soos uiteengesit in ’n nuusverklaring wat die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking Dinsdag uitgereik het.

In dié verklaring skryf die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, Namibië is bekommerd oor verwikkelinge in dié Suid-Amerikaanse land.

“Die regering van die Republiek van Namibië volg die politieke verwikkelinge in die Bolivariese Republiek van Venezuela met groot belangstelling,” lui die verklaring.

“Kommer heers daaroor dat die politieke verwikkelinge ontstaan het weens ongeregverdigde inmenging van buitelandse magte in Venezuela se huishoudelike sake,” sê die minister.

Nandi-Ndaitwah sê verder Venezuela se onlangse verkiesing in Mei 2018 het in oreenstemming met die land se wette, sonder enige inmenging van buite plaasgevind.

“Venezuela se plaaslike verkiesingswet voorsien meganismes om verkiesingsgeskille te besleg,” sê sy.

“Namibië wil ’n beroep op die internasionale gemeenskap doen om Venezuela se mense toe te laat om hul plaaslike kwessies vriendskaplik en vreedsaam, binne die perke van die Bolivariese Republiek van Venezuela se grondwet, op te los.

“Ons doen verder ’n beroep op die internasionale gemeenskap om onpartydig te bly en nie kant in die geskil te kies nie,” sê sy.

“Namibiërs staan in samehorigheid met die mense van die Bolivariese Republiek van Venezuela,” sê sy.

Intussen het die menseregteaktiviste-organisasie, die Centre for People’s Resistance (CPR), aangekondig hulle sou omstreeks 17:30 vandag by Zoo Park in die stad byeenkom vir nog ’n geleentheid om samehorigheid met Venezuela te toon.

Volgens plan sal ’n dokumentêre fliek oor omstandighede in Venezuela vertoon word, ’n openbare gesprek sal met genooide gaste gevoer word, en ’n musiekopvoering sal gehou word.

Op navraag het mnr. Omar Berroteran, ’n saakgelastigde by die Venezolaanse ambassade in Windhoek, meer lig op die omstandighede gewerp.

Volgens hom het politieke onrus in die land begin ná die Amerikaanse visepresident Mike Pence se openbare verklaring op 22 Januarie dat Amerika president Nicolas Maduro nie meer as Venezuela se leier erken nie.

Op 23 Januarie het Juan Guaidó, wat sopas as leier van die nasionale vergadering in dié land verkies is, aangekondig hy is tydelik die president tot ’n nuwe verkiesing gehou word.

Volgens Berroteran is dit voor die hand liggend dié regeringsverandering word deur die VSA bevorder.

Voor Pence se verklaring was daar vrede in Venezuela, het Berroteran gesê, ondanks ekonomiese teenspoed en hiperinflasie.

“Die ekonomie en inflasie is wel ’n uitdaging. Onthou, 90% van ons uitvoere is olie, en die val van oliepryse beïnvloed ons, maar ook die VSA se sanksies teen ons.

“Hulle rig ’n finansiële versperring teen ons op en blokkeer selfs ons bates in Amerika; ons raffinaderye daar, wat meer as US$7 miljard werd is. Dié onwettige en eensydige sanksies is selfs teen ons oliebedryf ingestel, wat moeilike omstandighede vir handel teweegbring,” het hy gesê.

Berroteran sê Amerika se houding teenoor Venezuela spruit uit verskeie faktore, wat grootliks met die geskiedkundige nasionalisering van Amerikaanse oliemaatskappye in dié land onder oorlede president Hugo Chávez verband hou.

“Maar die grootste rede is dat Venezuela die grootste oliereserwes te wêreld besit, en dít is bewys. Lande met olie is altyd in gevaar,” het hy gesê.

Soortgelyk

 

Wilde perde: Jongste vul reeds aangeval

41 minute gelede | Ministeries

Tanja Bause - Enige hoop op oorlewing van die Namib se wilde perde krimp al meer, terwyl die ministerie van die omgewing en toerisme na...

Leerlingdokters 'van swakker gehalte'

41 minute gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Namibië bestee al ses jaar lank geld aan die opleiding van mediese studente in die buiteland.Volgens mnr. Cornelius Weyulu, registrateur van die...

Regulasies vir loterye en dobbel kom

41 minute gelede | Toerisme

font face="Verdana" >Francoise Steynberg - Alle rolspelers in die lotery- en dobbelbedryf moet landswye openbare werkwinkels bywoon sodat regulasies volgens nuwe wetgewing opgestel kan...

Gesondheidsmanne vas oor hospitaaltender

41 minute gelede | Ministeries

Twee administratiewe beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se kantoor op Otjiwarongo is op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat ná hulle...

Weer, Woensdag 20 Februarie 2019

41 minute gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die verre noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele reënbuie in die...

Twee kinders met stok doodgeslaan

41 minute gelede | Misdaad

’n Angolese burger is in hegtenis geneem ná hy twee minderjarige kinders na bewering doodgeslaan het en hul ouma ernstig gewond het. Die voorval het...

Weerwaak teen hitte uitgereik

41 minute gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor sê die kanse op reën is besig om te verbeter in die noordwestelike dele van die land, asook in die Khomasstreek, waar...

Duister SA bekommer NamPower nie

41 minute gelede | Energie

Augetto Graig - Namibië se nasionale kragverskaffer, NamPower, sê Suid-Afrika se kragverskaffer, Eskom, is nie die enigste bron waarmee plaaslike krag aangevul word nie. “Namibië...

Pack Safari open toergids-akademie

41 minute gelede | Toerisme

Pack Safari het amptelik die deure van sy toergids-akademie in Windhoek oopgemaak. Die akademie bied gratis beroepsopleiding aan plaaslike, Duitssprekende toergidse met FGASA Veldgids vlak...