Namibiu00eb se sinkhuisbewoners neem voortou
Namibiu00eb se sinkhuisbewoners neem voortou

Namibië se sinkhuisbewoners neem voortou

Die land is verlede week deur belanghebbers besoek om te vergelyk hoe die informele behuisingskrisis gepak word.
Augetto Graig
Augetto Graig - Inwoners van nedersettings in Namibië, wat ondanks armoede kragte saamsnoer om besparings te maak, en hul eie huisies bou, word deur hul eweknieë in Afrika geprys.

Namibië is een van min lande waar die regering pogings finansieel ondersteun om behoeftiges se menswaardigheid te herstel.

’n Groot groep verteenwoordigers van Shack Dwellers International (SDI) en die Urban Poor Fund International, vergesel van lede van die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN), het president Hage Geingob Donderdag by Staatshuis besoek.

Die presidentsvrou, me. Monica Geingos, is die SDFN se beskermvrou.

Buitelandse besoekers uit Kenia, Zimbabwe, Suid-Afrika en Liberië was ook teenwoordig.

Liberië se adjunkminister van binnelandse sake, me. Paulita C.C. Wie, het die geleentheid ook meegemaak.

Sy het gesê die doel met haar besoek aan Namibië is om die plaaslike strategie te bestudeer en saam terug na haar land te neem.

Die groep was vroeër vandeesweek op Gobabis, waar die SDFN ’n projek saam met die plaaslike owerheid van stapel gestuur het.

Die opgradering van die Freedom Square-nedersetting op Gobabis het reeds in 2015 begin, en dienste word sedert 2017 verskaf.

Suid-Afrika se SDI-voorsitter en Fed Up-leier, me. Rose Molokoane, sê sy het die praktiese toepassing van die nuwe stedelike agenda op Gobabis gesien.

“Die Namibiese regering praat nie net nie, maar neem ook aksie,” het sy gesê.

Molokoane het vir Geingos gelukgewens met haar aanstelling as voorsitter van die Urban Poor International Fund.

Me. Anna Muller, direkteur van die Namibia Housing Action Group, die nieregeringsorganisasie wat die SDFN ondersteun, het beklemtoon hoe belangrik dit vir dié projek en ander is om kennis op voetsoolvlak in te win.

Sodoende kan behoeftes en standaarde bepaal word, wat die SDFN in staat stel om lede beter te ondersteun.

Die SDFN spog vandag met meer as 25 000 lede, wat elk ’n dollar of twee per dag probeer spaar.

Op dié manier beloop die groep se spaargeld reeds sowat N$29 miljoen.

’n Deurlopende fonds ter waarde van sowat N$120 miljoen bestaan ook, waaruit sowat 5 000 huisies sedert 1996 gebou is.

Muller het gesê tot 40% van dié fonds se geld is van terugbetalings van vorige begunstigdes afkomstig.



Sy het bygevoeg Namibië se regering werk sedert 2000 met die SDFN saam en het al byna N$60 miljoen tot die organisasie bygedra.

Daaruit is reeds 2 307 huisies gebou, en die SDFN sal hul lede na verwagting van nog 625 huisies voorsien.

“Die res van die SDI-lande is baie jaloers op ons omdat Namibië se regering die armes se hande vat en saam werk. Dit is uniek dat mense geld ontvang om hul eie huise te bou en vertrou word om met hul eie oplossings vorendag te kom,” sê sy.



Senior beamptes van die Windhoek-munisipaliteit was ook by die geleentheid teenwoordig, wat die burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, en die hoofstad se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, insluit.

Die Khomasstreek is deur die streekgoewerneur, me. Laura McLeod-Katjirua, en die voorsitter van die streekraad, me. Rachel Jacob, verteenwoordig.

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, het ook die geleentheid bygewoon, asook die adjunkminister van grondhervorming me. Priscilla Boois.

Mushelenga het gesê meer as 30% van Namibië se bevolking bly tans in informele nedersettings.

Sedert laas jaar se nasionale grondkonferensie is sy ministerie besig om die resolusies daarvan toe te pas, wat die pak van die humanitêre krisis in Windhoek se nedersettings insluit, het hy gesê.

Geingos het gesê Namibië vaar goed, maar moet ’n groter poging aanwend wat die behuisingskrisis betref.

Sy sê behoeftiges se probleme kan nie sonder hulp opgelos word nie.

“Daar is ’n groot verskil tussen laekostebehuising en laeinkomstebehuising. Die krisis is by laeinkomstebehuising, en ons moet daarop fokus,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!