Namibiu00eb se demografiese 'wins' moet benut word
Namibiu00eb se demografiese 'wins' moet benut word

Namibië se demografiese 'wins' moet benut word

Die land beskik oor 'n blinker toekoms indien jongmense ten volle ingespan word.
Augetto Graig
Tot 57% van Namibiërs is jonger as 24.

Dít kan ekonomiese groei tot gevolg hê indien die deel van die bevolking wat werk, groter as die getal afhank­likes is.

Dié verskynsel word 'n “demografiese dividend” genoem en Namibië het nog tot 2052 kans om voordeel hieruit te trek.

As die land homself nie regruk nie, kan dié omstandighede tot 'n ekonomiese ramp lei.

'n Verslag oor die vergroting van die sogenaamde demografiese dividend in Namibië is gister by Windhoek se Buitekluboord bekend gemaak.

Dit ná 'n studie in 2016 reeds hieroor onderneem is.

Die navorsing is onder die leiding van die nasionale beplanningskommissie (NPC) onderneem, met die ondersteuning van die Verenigde Nasies (VN) se bevolkingsfonds (UNFPA).

Met sowat 60% van die bevolking wat in die werkende ouderdomsgroep van 15 tot 64 jaar val, behoort Namibië reeds by die veroudering van die meerderheid te baat.

'n Hoë werkloosheidsyfer saam met 'n hoë persentasie afhanklikes verhoed egter enige vordering.

Anders as in die meeste lande is 70% van Namibië se jeug, wat tussen 15 en 19 jaar oud is, werkloos.

Volgens navorsing is sowat 55% van jongmense tussen die ouderdomme van 20 en 24 werkloos, en sowat 38% tussen 25 en 29.

Afhanklikheid duur boonop baie langer in Namibië, met baie jongmense wat teen 27 steeds van hul ouers afhanklik is.

Volgens die navorsing word jonger werknemers veral swaar getref.

Onder jongmense tussen 15 en 34 jaar oud is 43,4% werkloos, terwyl dié wat te min verdien om betekenisvol te vorder, in 2016 sowat 7,8% van werkende mense behels het.

Dít in vergelyking met 2,9% in 2014.

Volgens mnr. Obeth Kandjoze, minister van ekonomiese beplanning en direkteur-generaal van die nasionale beplanningskommissie, vorder Namibië stadig in die oplossing van hierdie kwessie.

“Bevolkingsdinamika, -grootte en -struktuur het 'n impak op die nasionale ekonomie en sy vermoë om na afhanklikes om te sien. Die kern van nasionale ontwikkelingsplanne vir ekonomiese groei is mense, en die fokus is dus mense se welsyn,” sê Kandjoze.

Volgens hom moet die nywerheids- en die landbousektor versterk word, sodat die keuses en geleenthede vermeerder wat aan jong Namibiërs be­skikbaar is.

Tans word die voordele van die groep wat ouer as 30 jaar is, nie ten volle benut nie.

Namibië moet in opvoeding, werkskepping, gesondheid en goeie bestuur belê, sê hy.



GEBREK AAN BEPLANNING

Volgens Kandjoze bestaan 'n gebrek aan beplanning en die toekenning van finansiële hulpbronne aan ontwikkelingsprojekte.

Hy sê 'n sterk en insluitende ekonomie kan bewerkstellig word deur middel van goeie beleggings.

Van heelwat ontwikkelingsprojekte kom daar eenvoudig dadels, sê hy.

Me. Dennia Gayle, UNFPA se verteenwoordiger in Namibië, sê die land het nog net 34 jaar om die beste van die huidige bevolkingstruktuur se voordele te maak.

“Dringende beleid moet opgestel en geïmplementeer word om te verseker die land kan die maksimum demografiese wins in die oorblywende tyd benut,” sê sy.

Volgens Gayle is Namibië by 'n strategiese punt in sy ontwikkeling waar dit noodsaaklik is om in die jeug te belê.

“Die gebiede waarin belê moet word, het duidelik betrekking op die uitdagings van jongmense,” sê sy.

Namibië moet veral belê in die bemagtiging van die jeug deur sterker maatskaplike beskerming te bevorder, geslagsgelykheid te versterk, en deur geslagsgeweld en -diskriminasie te bekamp.

Jong leiers moet voorberei word en toegelaat word om besluite te neem – veral oor hul eie seksuele gesondheid.

Daar moet in voorbehoeding belê word.

Gayle glo ook opvoeding moet verbeter en meer werksgeleenthede moet geskep word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101