Namibiu00eb 'reeds verbind' tot ooreenkoms
Namibiu00eb 'reeds verbind' tot ooreenkoms

Namibië 'reeds verbind' tot ooreenkoms

Die Duitse spesiale gesant vir die volksmoord-dialoog sê Namibië het hom “verbind” tot die N$18,6 miljard-vergoedingspakket.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Die Duitse spesiale gesant vir die volksmoord-dialoog tussen Namibië en Duitsland, mnr. Ruprecht Polenz, het gesê Namibië het hom “verbind” tot die N$18,6 miljard-reparasiepakket vir die volksmoord tussen 1904 en 1908, te midde van skrale hoop dat daar nog ruimte is om verder oor dié skikkingsooreenkoms te onderhandel.

Polenz sê Namibië het hom ook verbind tot die versekering dat die geld die betrokke gemeenskappe sal bereik.

Hy het dié opmerkings gemaak in 'n artikel wat hy op Mission-Lifeline geplaas het.

Duitsland het onlangs erken die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe was slagoffers van volksmoord, en Duitsland sal 'n versoeningsbedrag uitbetaal.

“Die Namibiese regering is hiertoe verbind. Die ooreengekome program sal in sewe spesifieke streke geïmplementeer word waar 'n groot deel van die Herero- en Nama-bevolking woon. Die plaaslike gemeenskappe is ten volle betrokke by die beplanning en implementering. Hierdie program sal bykomend en afsonderlik van bilaterale ontwikkelingsamewerking wees.

“Duitsland bly betrokke by die implementering van die ooreenkoms, wat 'n uitdruklike wens van die Namibiese vennote is,” het hy gesê.

Polenz het aantygings ontken dat die Nama- en Ovaherero-gemeenskappe nie verteenwoordig was tydens die reparasie-onderhandelinge tussen Namibië en Duitsland nie.

Hy het gesê die Namibiese regering verteenwoordig “een Namibië, een nasie” en dat alle Namibiërs dus wettig verteenwoordig word.

“Die Namibiese regering het dus baie belang daaraan geheg om self die onderhandelinge te behartig en sy eie afvaardiging saam te stel. Daar is geen gemeenskaplike verteenwoordiging wat deur alle Herero en Nama verkies is of erken word nie, maar eerder talle verskillende groepe. Daar is ook wedywering binne hierdie gemeenskappe,” het hy gesê.



AANVAAR ONS VERSKONING

Volgens Polenz wil Duitsland om ver­skoning vra vir die misdade wat gepleeg is, op só 'n wyse dat Namibië die ver­skoning aanvaar.

Hy het bygevoeg die gesamentlike verklaring is só saamgestel dat daar geen twyfel kan bestaan oor die erns van dié versoek nie en dat dit nie net lippediens is nie.

“Die federale president sal op hoë vlak om verskoning vra,” het hy gesê.

[email protected]


FOTO
Die Namibiese onderhandelaar oor die volksmoord, dr. Zed Ngavirue (links) het sy Duitse eweknie, mnr. Ruprecht Polenz, vyf jaar gelede in Duitsland besoek. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!