Namibië pronk by toerismeskou in Berlyn

09 March 2018 | Toerisme
Francoise Steynberg - Namibië word vanjaar uitstekend by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn, Duitsland (ITB) verteenwoordig wat van Woensdag af tot 11 Maart plaasvind.

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, het vanaf die ITB laat weet meer as 30 Namibiese maatskappye stal by die Namibië Toerismeraad (NTB) se stalletjies uit.

Ander Namibiese toeroperateurs het ook hul eie stalletjies in die Afrika-saal.

"Namibië maak 'n professionele en positiewe indruk," het Paetzold gesê.

"’n Rekordgetal van meer as 100 uitgenooide gaste het die funksie Dinsdagaand bygewoon wat deur die NTB op die vooraand van die ITB aangebied is."

Strategiese vennote van die Namibië-stalletjies is NTB, Air Namibia, Namibia Wildlife Resorts (NWR) en Gondwana Collection.

Paetzold het gesê goeie nuus oor nuwe toerismeprodukte en roete-ontwikkeling is by die ITB aangekondig.

"Toerisme groei steeds aansienlik in 2018, maar nie so vinnig soos in 2017 nie. 'n Groei van 5% word vanjaar vir die internasionale toerismesektor voorspel, in vergelyking met die rekord van 6,5% in 2017," het sy gesê.

Volgens Paetzold is die onderwerpe onder bespreking by vanjaar se ITB wêreldwye vooruitgang en vrede, te veel toeriste by een bestemming (oortoerisme) en die voordele van inligtingstegnologie.

"Faktore soos oortoerisme, terreurbedreigings en ander reisrisiko's bestaan, maar sal nie 'n negatiewe impak op die sukses van wêreldtoerisme hê nie," is die boodskap op die ITB.



Die ITB is Dinsdagaand amptelik tydens 'n swierige galadinee deur die Duitse kanselier Angela Merkel geopen.

Soortgelyk

 

Shifeta: Houtkappery is onwettig

10 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Nie ‘n enkele omgewingsklaringsertifikaat is ooit uitgereik vir die afkap van en kommersiële handel in hout nie. Dit beteken die grootskaalse...

Afwagting groot vir Mars-landing

10 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Knap voor tienuur Namibiese tyd vanaand land die ruimteman dr. Japie van Zyl en sy span se InSight-verkenningstuig ná ’n reis van...

Staal van Otavi binnekort ’n werklikheid

10 ure gelede | Byvoegsels

Die lank verwagte staalaanleg op Otavi het vandeesmaand ’n stap nader aan die werklikheid gekom toe Nedbank onderneem het om die N$2,7 miljard-projek te finansier.Die...

Telecom: Jooste vererg oor Klein-skorsing

10 ure gelede | Plaaslik

Yanna Smit Volgens berigte Vrydag op sosiale media is die uit­voerende hoof van Telecom Namibia, mnr. Theo Klein, geskors ná 'n ondersoek na 'n oënskynlik...

WEER VIR 26 NOVEMBER

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde tot verspreide­ donderbuie op plekke, die verre Suide en Suidweste uitgesluit.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Wildsfees kry nuwe baadjie

10 ure gelede | Byvoegsels

Groot veranderinge word vir volgende jaar se bekende Outjo Wildsfees beplan. Nuwe lewe word in die fees geblaas deur 'n benadering, vroeë beplanning en topkunstenaars....

Dippenaar-saak: Getuie dreig glo ander

10 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – ’n Getuie in die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar het Donderdag 'n saak van aanranding deur dreigement by die Swakop-polisiekantoor aangegee, met...

Invoer van sekere wildspesies dalk verbied

10 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing en toerisme doen 'n beroep op die publiek om insette te lewer oor sekere wildspesies wat moontlik nie...

Simondeum se smulkos

10 ure gelede | Byvoegsels

Voedselvervaardiging is die toekoms, en die Simondeum Fine Meats-aanleg op Grootfontein is voor in die wedloop om gehalte proteïenprodukte aan Namibiërs te voorsien.Die besigheid bestaan...