Namibië produseer dalk binnekort rys

Boere kry opleiding

09 February 2017 | Landbou
Elvira Hattingh - Altesaam 15 Chinese ryssoorte, asook ’n nuwe tipe mahangu word tans vir aanpasbaarheid in Namibië getoets.

Dit vorm deel van die eerste fase van die South South Cooperation (SSC)-projek.

Boonop word ’n tweede fase van dié samewerkingsooreenkoms tussen Namibië en China oorweeg waarin Namibië gehelp moet word met die verdere ontwikkeling van die landbou-waardeketting.

Die ministerie van landbou, water en bosbou het gister ter afsluiting van die eerste deel van die projek, wat teen April vanjaar tot ’n einde sal kom, gesê dit was baie suksesvol.

’n Verslag oor die suksesse hiervan sal opgestel word.

Danksy dié projek het rysoeste by die Kalimbeza-rysprojek met meer as 10% verbeter en het meer as 400 boere en regeringsamptenare opleiding ontvang in die kweek van rys en ’n tipe mahangu wat as "foxtail millet" bekend staan. Opleiding in tuinbou is ook ontvang.

Dit volg nadat ’n drieledige ooreenkoms op 16 Junie 2014 deur Namibië, China en die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) onderteken is.

Hiervolgens is 15 Chinese kenners in 2015 na Groenskema-projekte by onder meer Kalimbeza en Etunda, asook die Sentrale Veeartsenylaboratorium (CVL) en sekere navorsingsentrums gestuur, om plaaslik die moontlikhede van rys- en tuinbouproduksie te ondersoek en sekere veterinêre beleide en standaarde op te stel.

Volgens minister John Mutorwa sluit van die suksesse van die projek in dat ’n invoerkanaal van ryssaad van China af met die saadmaatskappy Hubei gevestig is, dat die drie mees geskikte ryssoorte vir Namibië geïdentifiseer sal kan word na afloop van die toetse, en dat Namibiërs opleiding in die produksie van rys ontvang het.

Boonop is vasgestel dat die nuwe tipe mahangu by die Omahenene-navorsingsentrum geproduseer kan word en onder besproeiing ’n oes van sowat 2,5 ton per ha kan lewer.

“Die Saad-koöperatief het ’n sorteringsmasjien vir saad ontvang wat in die toekoms ook met die verpakking van mahangusaad moet help. Verder is saailinge meganies verplant, wat sal help om die verplantingsproses te versnel.

“Boonop het kleinboere en regeringsamptenare by Mashare, Ruuga, die Salem-projek en die Etunda-besproeiingskema opleiding in tuinbou-produksie ontvang,” het Mutorwa gesê.

Die Chinese adjunk-ambassadeur vir Namibië, mnr. Li Nan, het gesê die gebruik van meer as 30 tipes landboutoerusting is tydens die projek aan Namibiërs bekend gestel.

“Afgesien van die projek, is dié twee lande ook betrokke by gesamentlike projekte soos vleisuitvoere na China en ’n droogtehulp-rysprogram. Boonop het samewerking tot die opgradering van die Namibiese weervoorspellingsdiens en –satellietstelsel gelei en al hoe meer Chinese besighede stel belang daarin om in die Namibiese landbousektor te belê,” het Nan gesê.

Volgens Ahmadu behoort Namibië teen die einde van vandeesmaand te weet of China die projek in ’n tweede fase gaan voortsit.

Soortgelyk

 

Boewe oorval egpaar op gewilde staproete

6 ure gelede | Misdaad

Henriette LamprechtNog twee mense is die ­afgelope week op 'n ­staproete by die gewilde Farm ­Windhoek agter Kleine Kuppe deur boewe aangeval en beroof. Dit...

Stukrag vir Noordoewerdam

6 ure gelede | Plaaslik

Ronelle RademeyerSuid-Afrika en Namibië gaan 'n meer uitgebreide studie laat doen na die plan om 'n reusedam in die benede Oranjerivier te bou.Die omvattende studie...

RFA reserves fund arrears millions

6 ure gelede | Infrastruktuur

Jo-Maré Duddy – More than N$317.7 million was paid from the reserves of the Road Fund Administration (RFA) in its 2016/17 financial year to cover...

Hofstryd kom oor nuwe Oanob-ontwikkeling

6 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman'n Groot eiendomsgeveg is aan die gang en op pad hof toe oor 'n beplande ontwikkeling op die oewer van die Oanobdam ná 'n...

Weer, Donderdag 26 April 2018

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in die Suide met reën in die Verre Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik...

Hof sê Moussongela se kinders moet bly

6 ure gelede | Howe

Catherine SasmanRegter Rachel Karp van die Londense voorstad Haringey het die aansoek van 'n Namibiër van die hand gewys waarin sy gevra het haar dogter,...

Slamet Jnr keeps the family name high

6 ure gelede | Motors

COBIE BOK Formula One racing is but a distant dream for many Namibians. However, striving to...

Taxi's terug in die tuig

6 ure gelede | In beeld

Komm. Silvanus Nghishidimbwa, polisiebevelvoerder in die Khomasstreek, het bevestig die taxi’s wat Maandag tydens ’n staking ingesleep is, is Dinsdag aan hul eienaars terugbesorg. ’n...

Troeteldiere op Okahandja gesteriliseer

6 ure gelede | Omgewing

Aan die begin van vandeesmaand het Have-a-Heart Namibia, in samewerking met Bank Windhoek, troeteldiere in die Vyfrandkamp- informele nedersetting op Okahandja gratis gekastreer en gesteriliseer.Have-a-Heart...