Namibiu00eb oorgehaal vir beter prestasies
Namibiu00eb oorgehaal vir beter prestasies

Namibië oorgehaal vir beter prestasies

Jeugspele
NAMPA
‘n Span van 152 lede het Dinsdagaand veilig in Gaborone, Botswana, aangekom waar hulle vanaf 16 Desember aan die Streek Vyf o.20-Jeugspele van die Afrika-unie Sportraad (AUSC) sal deelneem.

Die span het Maandag per bus van die hoofstad na Gaborone vertrek waar hulle aan sokker (mans en vroue), baan- en velditems (atletiek), boks, netbal, swem, basketbal, judo, vlugbal (mans en vroue), asook tennis sal deelneem. Die span bestaan ook uit paralimpese atlete wat gretig is om hul merk in die buurland te maak.

Anton Langerman, missiehoof van die Namibiërs by die spele, sê daar was wel ‘n haakplek of twee op die grens, maar verder verloop die beplanning seepglad.

“Ek is bly die span het veilig vir die spele aangekom. Ons mikpunt by die kompetsie is om op ons algehele posisie te verbeter wat twee jaar gelede in Angola behaal is. Namibië het sesde geëindig nadat die span vyf goue, 19 silwer- en 16 bronsmedaljes verower het. Ondanks die haakplekkies wat by die grens was, is die atlete gemotiveerd en reg vir aksie,” het Langerman gesê.

Angola, Malawi en Zambië wat by die spele verteenwoordig word, het ook Dinsdag in Gaborone opgedaag. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!