Namibiu00eb neem aan vaardigheidskompetisie deel
Namibiu00eb neem aan vaardigheidskompetisie deel

Namibië neem aan vaardigheidskompetisie deel

Die hoofdoelwit was 'om die Namibiese jeug, opleiers, ­bestuursbeamptes en beleid­makers bloot te stel aan nuwe geleenthede'.
Augetto Graig
Augetto Graig - Namibië beskik oor genoeg vaardighede om aan wêreldwye kompetisies deel te neem.

Die Namibiese opleidingsowerheid (NTA) het Dinsdag die land se ­deelname aan die World Skills ­International byeenkoms gevier wat van 10 tot 14 Oktober in Abu Dhabi gehou is.

Dié internasionale kompetisie beloon die wêreld se beste vaardighede. Dit was die tweede keer dat Namibië hieraan deelneem en die land het die 53ste plek uit 57 lande behaal.

Volgens 'n toespraak wat in Abu Dhabi namens dr. Raimo Naanda, adjunk- permanente sekretaris van die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, voorgelees is, het Namibië deelgeneem aan sewe uit 51 vaardigheidskompetisies wat gehou is.

Namibiërs het gekompeteer op die gebied van messelwerk, timmerwerk, kook, elektriese installering, skrynwerk, loodgieterswerk en verhitting.

In die kompetisie vir muur- en vloerteëlwerk het mnr. Sakaria Ndaningina 25ste uit 26 lande gekom, terwyl me. Albertina Shitalangaho 'n 28ste plek uit 29 deelnemers in die kompetisie vir loodgieterswerk en verhitting behaal het.

Shitalangaho het ook 'n jaar se lidmaatskap van die wêreldloodgietersraad vir haarself, haar opleier en haar opleidingsinstansie losgeslaan.

Mnr. Tjihimise Karaerua was 32ste uit 35 deelnemers in die kompetisie vir elektriese installerings.

In die messelwerkkompetisie was mnr. Kakoro Johannes 29ste uit 30 deelnemers. Me. Justina Ashiyana was 24ste uit 25 deelnemers aan die skrynwerkkompetisie.

Mnr. Zanodean Zaal was 18de uit 19 deelnemers aan die timmerwerkkompetisie.

Die beste Namibiese kok by die kompetisie was me. Kaute Kavezembua, wat 31ste uit 42 deelnemes gekom het, en ook die toekenning vir die beste Namibiese presteerder ontvang het.

Uit vier lande in suidelike Afrika wat deelgeneem het, het Namibië beter as Zambië gepresteer.

Volgens mnr. Sens Shoolongo, bestuurder van World Skills Namibië, het Namibiërs Suid-Afrikaanse deelnemers by verskeie geleent­hede geklop.

Shoolongo is ook die tegniese ­afgevaardigde en president van een van die beoordelaarspanele by die geleentheid.

Volgens Shoolongo was die hoof­doelwit van Namibië se deelname “om Namibiese jeug, opleiers, bestuurs­beamptes en beleidmakers bloot te stel aan nuwe tegnologiese en samewerkingsgeleenthede”.

Altesaam 28 lede van die Namibiese span het vir die geleentheid na die Verenigde Arabiese Emirate gereis.

“Alle spanlede het spesifieke strategiese rolle in Abu Dhabi gespeel,” het hy gesê.

Karaerua het namens ­deelnemers gesê die tekort aan toerusting, ­fiksheid en volledige voorbereiding was 'n struikelblok, maar die ervaring was 'n lewensveranderende ­geleentheid.

'n Deelnemende opleier het genoem die enigste verskil tussen Namibiese opleiers en dié van ontwikkelde lande is voorbereiding, tyd, inspanning en motivering.

Volgens die NTA se uitvoerende hoof, dr. Jerry Beukes, sal voorbereiding vir volgende jaar se World Skills Namibia-kompetisie nou reeds begin, sodat dit teen Junie of Julie 2018 gehou kan word.

Daarna sal Namibië in 2019 weer aan die wêreldwye kompetisie deelneem, wat in Rusland sal plaasvind.

Vanjaar is Namibië se deelname deur NamPower, NamWater en Bank Windhoek geborg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!