Namibië met reën geseën

Kunenerivier in vloed

07 January 2020 | Weer
Francoise Steynberg - Die afgelope naweek is Namibië mildelik met reën geseën.

Wydverspreide neerslae het landswyd voorgekom, met verskeie riviere wat besig is om te vloei.

Volgens me. Daniela Kemp is die ­Kunenerivier een bruisende watermassa ná 40 mm gisteroggend by Ruacana uit die reënmeter gegooi is.

Epupa River Lodge waarsku op hul Facebook-blad motoriste in die ­Kunenestreek moet versigtig op grondpaaie bestuur omdat verskeie riviere in vloed is.

“Die Kuneneriver het baie berge, wat beteken as dit reën, kom die riviere met alle mag en sonder waarskuwing af.”

Epupa River Lodge maan ook dat die Hoarusibrivier by verre die ­grootste en gevaarlikste in die streek is en ­versigtig benader moet word.

Mnr. Johan Gibson het op die Facebook-blad “Reën in Namibia” gesê by Cheetah View, sowat 25 km oos van Otjiwarongo, het 105 mm in twee dae uitgesak.

Die voormalige Namibiese rugbykaptein, Jacques Burger, het laat weet sy plaas, Klein Nabas-oos, naby Stamp­riet, het sy eerste reënneerslae in 'n baie lang tyd ontvang.

Nóg reënvalsyfers wat gisteroggend op “Reën in Namibia” aangemeld is, is 55 mm op Divundu, 40 mm op Katima Mulilo, 38 mm by Krantzberg, 35 mm by die plaas Bergtoppe in die Kamanjab-distrik, 32 mm by die ­Okakango Ranch, 23 mm by die plaas Dorka sowat 30 km suid van Omitara, 28 mm by Tsumeb , 21 mm by die Tsumeb-lughawe, 28 mm sowat 25 km noord van Omitara, 23 mm by die plaas Goedemoed suidwes van Hochfeld, 20 mm by Summerdown, 20 mm sowat 60 km noordoos van Grootfontein, 18 mm by Ondangwa-sentraal, 17 mm by Out of Nature, suid van Windhoek, 16 mm sowat 30 km oos van Hochfeld, 10 mm by die Eco-visplaas onder die Hardapdam, 10 mm by Eunda in die Omusatistreek, 8,5 mm in die Dordabis-omgewing, 8,5 mm by Outjo, 8 mm by Omaruru, 7 mm by Omeya, 6 mm sowat 13 km van Stampriet af, 6 mm by Otjiwarongo-suid, 5 mm by Otjiwarongo, 5 mm by Regenstein, 5 mm by die plaas Okatjeru, sowat 77 km noord-oos van Windhoek en 1 mm in Klein-Windhoek en Avis.

Wat die reënvoorspelling vir vandag betref, sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot geïsoleerde donderbuie in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met verspreide donderbuie in die Noorde en sentrale-oostelike gebiede. Winderige weer sal in die binneland voortduur.

Langs die kus sal dit gedeeltelik bewolk en koel tot warm wees met miskolle. Enkele buie kan oor die noordelike en sentrale kus verwag word.



DAMVLAKKE

Wat damvlakke betref, het slegs ses damme volgens NamWater se dambulletin van 30 Desember invloei gehad.

Dit is die Von Bach-, Omatako-, Goreangab-, Tilda Viljoen- en Daan Viljoendam, asook die Otjivero-hoofdam.

Die Von Bachdam was op 30 Desember 39,8% vol teenoor die vorige seisoen se 59,6%.

Die Daan Viljoendam is tans 65,5% vol teenoor verlede seisoen se 29,1%.

Die Omatakodam staan op 14%, terwyl dit verlede seisoen droog was.

Die Tilda Viljoendam was verlede seisoen 44,4% vol teenoor 30 Desember se 30,5%.

Die Hardapdam staan op 30 Desember op 7% teenoor verlede jaar se 44,2%.

Die Nautedam is tans leër met 68,7% in vergelyking met verlede seisoen se 72,3%.

Die totale kapasiteit van die land se damme is tans 18,2% teenoor verlede seisoen se 41%.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob sê oor 75ste herdenking van VN

1 uur gelede | Regering

Pres. Hage Geingob sê die Verenigde Nasies (VN) was die afgelope 75 jaar die beskermheer van die waardes van die mensdom en die beginsels van...

149 positief vir Covid-19 waarvan 10 leerlinge van dieselfde...

2 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 149 nuwe Covid-19-gevalle is aangemeld waarvan die meeste en wel 75 in Windhoek is....

NWR-bestuur se salarisse met 25% besnoei

3 ure gelede | Toerisme

Die direksie en senior personeel van Namibia Wildlife Resorts (NWR) se salarisse sal vanaf September met 25% besnoei word. “Vir die afgelope ses maande het...

Khomas se Vries bevorder

6 ure gelede | Onderwys

Mnr. Gerard Vries, voorheen direkteur van onderwys in die Khomasstreek, is met ingang 1 September as die nuwe adjunk uitvoerende direkteur vir lewenslange onderrig in...

Geweldenaars op vrye voet

18 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Teen gistermiddag was die man steeds op vrye voet wat glo Saterdagoggend by 'n huis in Havana ingebreek en 'n vrou ten...

Swaar straf wag op Covid-oortreders

18 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Dr. Kalumbi Shangula, die mi­nister van gesondheid en maatskaplike dienste, sê geskoei op Namibiërs se gedrag vandat die noodtoestand ten einde geloop...

Weer, Maandag 21 September 2020

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordoostelike streke met 'n paar buie in die Zambezi. Elders sonnig en baie warm tot bloedig warm.KUS:...

Toeriste uit Europa land

18 ure gelede | Vervoer

Augetto GraigEurowings se vlug LH5434 het gisteroggend net voor sonop vanuit Frankfurt by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland. Die Airbus A330-300 met 280 sitplekke...

Itula: 'Outokratiese' aantygings pla nie

18 ure gelede | Politiek

Jemima Beukes – Die leier van die Independent Patriots for Change (IPC), dr. Panduleni Itula, sê kritici en beswaarde lede wat hom as 'n “huigelaar”...