Namibiu00eb lees te min
Namibiu00eb lees te min

Namibië lees te min

Maria Eiseb
Maria Eiseb – Namibië se kinders lees te min. Dít volgens plaaslike navorsing.

Die Read Namibia-veldtog is onlangs in die hoofstad deur onder andere biblioteekpersoneel, onderwysers, ondernemings, diplomate, skrywers en universiteite in die hoofstad van stapel gestuur.

By die geleentheid is aangekondig September moet voortaan bekend staan as leesmaand in Namibië.

Mnr. Steve Kaangundue, adjunkdirekteur van die sentrum vir voortgesette onderrig, het tydens die byeenkoms gesê die veldtog beoog om leerlinge in die gemeenskap te ondersteun en op te lei sodat hulle meer kan lees.

“Boeke bring kennis. Dit is ouers, onderwysers, biblioteekpersoneel en almal in die gemeenskap se verantwoordelikheid om leesgeleenthede vir kinders te skep,” het hy gesê.

Mnr. Elia Manga, waarnemende direkteur van Namibiese Biblioteekargiefdienste, het gesê Namibiërs moet meer lees.

“Biblioteke moet plekke van opvoeding, ontdekking en avontuur wees,” het hy gesê.

Volgens statistieke het die ministerie ontdek 61,8% van leerlinge in Namibië het nie handboeke om tuis uit te leer nie, en slegs 23,5% het toegang tot storieboeke en ander leesstof. Sowat 80,3% het aangetoon lees is nie een van hul buitemuurse aktiwiteite nie.

Volgens die ministerie beoog die Read Namibia-veldtog, wat van 2015 tot 2022 sal duur, om die leesuitdagings aan te spreek waaronder die samelewing gebuk gaan.

“Dit is ons verantwoordelikheid om kinders aan te moedig om meer te lees. Enigiets wat hulle lees, sal hulle bietjie vir bietjie bemagtig.”

Manga het gesê hy hoop ons kan ons kinders ’n wêreld bied waarin hulle meer lees en waarin daar meer aan hulle voorgelees word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!