Namibië, land van hoop
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Ek lees met groot agting en met tonne respek hoe mnr. Ryno van der Merwe van die Landbou-unie (NLU) die saak oor kommersiële landbou grond bepleit en in konteks stel.
Dit verg moed, durf, uitstekende leierskap en 'n direkte aanvoeling vir die heersende atmosfeer in die land om so direk te praat, en eienaarskap te neem van sy visie.
Mnr. Van der Merwe stel dit onomwonde dat daar “groot uitdagings en verantwoordelikheid op ons skouers rus”. Hy verwys natuurlik na wit Namibiërs; myns insiens nie in 'n rassistiese konteks nie, maar in 'n besefsraamwerk dat die grondkwessie meer as retoriek benodig.
Die feit dat daar 'n algemene besef is dat dié wat het of besit, ongeag van kleur, sal moet deel met die benadeeldes is die eerste stap, nie net tot versoening nie, maar tot eenwording. Volgens die president “is die fundamentele kwessie nie ras nie. Dit is die buite verhouding rykdom van enkeles, terwyl die meerderheid uitgesluit word”.
Mnr. Van der Merwe konstekstualiseer die boodskap van die president, en selfs linksgesinde denkers moet erkenning verleen aan die feit dat beide die staatshoof en mnr. Van der Merwe die vrede en stabiliteit van die land prioritiseer.
Die skrywer van hierdie brief is van die opinie dat die lont alreeds brand, en dat die ontploffing onvermydelik is, maar die erkenning deur mnr. Van der Merwe dat “alle vingers wys na ons - 'n minderheidsgroep wat die ekonomie beheer”, is 'n teken en gebaar van hoop. Hy spreek verder direk tot wit Namibiërs as hy sê: “As jy besluit om net voort te gaan soos voorheen, wag daar 'n verrassing op jou. Die punt is dat ons nie kan aanhou om slegs die minste te wil doen nie.”
Die skrywer sal graag die boodskap wil uitkring tot alle Namibiërs dat ons nou moet ophou om net die minste te probeer doen, en die meeste te verwag. Dit is hoog tyd dat ons almal etiese en morele Namibiese optrede en gesindhede openbaar.
Die ekonomiese resessie moet nie as verskoning gebruik word omdat dit winste en sodoende persoonlike welvaart van enkeles beïnvloed nie.
'n Dringende, dog ernstige beroep word op die regering gedoen om bevoegde kundiges in sleutelposisies aan te stel. Die kameraad-wittebrood is verby.
Dit verg nou helderdenkendheid, vasbeslotenheid en gewilligheid om hoop op 'n versekerde en gedeelde toekoms te verseker.
Die hoop wink op die Namibiese horison.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie