Namibië kriminaliseer fopnuus oor virus
Denver Kisting – Mense wat voortaan fopnuus oor die Covid-19-pandemie versprei, pleeg ’n misdaad.
Dit geld vir die publikasie van ’n vals of misleidende stelling oor die virus op énige mediaplatform, insluitende sosialemediaplatforms soos Facebook.
Eweneens is dit ’n strafregtelike oortreding om ’n stelling te plaas wat ten doel het om iemand te mislei oor die Covid-19-status van iemand anders of die regeringsmaatreëls om die pandemie te beveg, te verhoed of te onderdruk.
Dít is een van die wysigings vervat in die proklamasie van gewysigde regulasies wat Vrydagaand in die Staatskoerant gepubliseer is.
Die grendeltydperk is amptelik tot 23:59 op Maandag 4 Mei verleng.
Tot Vrydagaand voor middernag was net twee streke – Khomas en Erongo – amptelik ingeperk.
Die gewysigde regulasies sluit aan by ’n aankondiging deur pres. Hage Geingob vroeër vandeesweek om die ganse land in te perk.
Kragtens die jongste regulasies is die land vir die duur van die inperking van tien sones verdeel.
Die regulasies lui dat niemand hul huis mag verlaat nie behalwe om noodsaaklike goedere of dienste te bekom, sulke dienste te lewer, ’n begrafnis by te woon (maksimum van tien mense), te oefen (maksimum drie mense) of ’n rede wat regverdigbaar is onder die omstandighede.
Die verbod op die verkoop en koop van alkohol geld steeds.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie