Namibië, jy is volgende, sê Geingos

Ofskoon die prentjie vir die vasteland steeds allesbehalwe skelpienk is, is die gety rondom gay-regte in Suider-Afrika suutjies aan’t verander en Namibië vat-vat aan dié kas se deur.
Denver Kisting
Denver Kisting – Me. Monica Geingos, Namibië se eerste dame, staan sowat ’n maand gelede op ’n koelerige Woensdagagtermiddag op ’n verhoog in Windhoek.

Sy vertel ’n storie wat ouer mense mekaar dikwels met hul tong diep in hul kieste by ’n begrafnis van ’n tydgenoot vertel: Jy is volgende.

Die gehoor lag.

Maar sy verwys geensins na die dood nie.

Sy staan op ’n verhoog in die parlementstuine van Namibië en verwys na gay-regte.

’n Menseregtereis skop af

Die geleentheid is The Journey – ’n inisiatief van me. Margaret Mensah-Williams, voorsitter van een van Namibië se twee parlementshuise, die Nasionale Raad (NR).

The Journey het ten doel gehad om kabinetsministers, Swapo-swaargewigte, regeringslui, aktiviste en veral Jan en San Alleman op ’n reis oor menseregte te neem – insluitend die regte van mense wat as lesbies, gay, biseksueel en transgender (LGBT) identifiseer.

Onder Mensah-Williams se leiding is bestek geneem van die betreklik min vordering met en die relatief baie leemtes in Namibië se menseregtereis.

Geingos het daardie middag verwys na wat enkele dae vantevore in Botswana gebeur het.

Dié buurland se hoërhof het gelas die fisieke tentoonstelling van lyflike liefde tussen volwasse paartjies van dieselfde geslag is nie meer ’n misdaad nie.

’n Anale taboe

Omdat anale seks tussen twee volwasse mans met albei se toestemming kragtens Namibië se gemenereg steeds ’n misdaad is, het Geingos verklaar: Namibië, jy is volgende.

Oor twee weke behoort die land te weet wie die drie regters – in ons wêreld ’n volbank – sal wees wat oor drie sake moet beslis waarin die huwelik ’n element is.

Regter-president en adjunk-hoofregter Petrus Damaseb het onlangs gelas drie sake moet saamgevoeg word, waarvan ’n huwelik tussen ’n paartjie van dieselfde geslag ’n deel vorm.

In dié sake wil Namibiërs hê hulle moet toegelaat word om met hul buitelandse lewensmaats van dieselfde geslag, met wie hulle in ’n land getroud is waar dié verbintenisse wel erken word, te woon en te werk.

‘Reg om te wees – dis al’

Eintlik wil hulle net die reg hê om te wéés, vertel die boorling van Tsumeb mnr. Johann Potgieter onlangs in ’n onderhoud met Republikein. Niks meer of minder nie, sê hy.

Potgieter en sy Suid-Afrikaanse man, mnr. Danny Digasghu, is een van die drie paartjies na wie Damaseb verwys.

Me. Julia Susan Jacobs, ook ’n Suid-Afrikaner, en haar vrou, die Namibies gebore prokureur me. Anita Grobler, is nog ’n paartjie.

In hofstukke wat reeds verlede jaar by die hoërhof in Windhoek geliasseer is, sê Jacobs sy woon sedert die middel van 2018 in Namibië en is geregtig daarop om hier te woon, omdat sy wettig met ’n Namibiër getroud is.

Wat hulle betref, ressorteer hul burgerlike verbintenis onder die begrip “huwelik” soos Namibië se immigrasiewet daarna verwys, sê sy.

Voorts, sê sy, is hul huwelik een te goeder trou soos die land se oppergesag, die Grondwet, vereis.

Wat Jacobs betref, is dit eenvoudig: Die Namibiese regering diskrimineer teen haar vanweë haar seksuele oriëntasie.

Maar, maan sy, seksuele oriëntasie behoort onder “seks” en “sosiale status” te tel, wat die einste Grondwet onder meer lys as gronde waarteen nie gediskrimineer mag word nie.

Vorige en voortgesette diskriminasie teen individuele LGBT mense – hetsy as individue of in selfdegeslagverhoudings – is teenstrydig met wat artikel 10 wat die waardigheid van almal waarborg, sê Jacobs.

Sy en Grobler is geregtig op gelyke regte met betrekking tot ’n huwelik en vorm ’n gesin soos artikel 14 noem, sê sy.

Regering stel sy kant

In die regering se antwoord kap die destydse permanente sekretaris van binnelandse sake en immigrasie, amb. Patrick Nandago, terug.

Volgens hom het Namibië se hooggeregshof vantevore uitsluitsel oor huwelike tussen mense van dieselfde geslag gegee.

Kragtens daardie uitspraak behels ’n huwelik ’n verbintenis tussen ’n man en ’n vrou, het Nandago in die regering se repliek gesê.

Hieroor het adv. John Walters, die ombudsman, vroeër vanjaar gesê daardie besluit was geskoei op die middele en inligting destyds tot die hof se beskikking en dit het geensins die einde van die regspad vir die kwessie beteken nie.

Pride-parade aktiviste se trots

Menseregteaktiviste meen al ’n geruime tyd dit is net ’n kwessie van tyd voor gay-regte in Namibië erken sal word.

Me. Lila Swanepoel, wat voorverlede jaar se eerste Pride-optog in Namibië help reël het, het in Desember verlede jaar ná die tweede een gesê: “Dit is ’n opwindende tyd om in Namibië te woon.”

Swanepoel glo dit is net ’n kwessie van tyd voor sodomie gedekriminaliseer sal word.

Volgens haar sal die deurslag wees hoeveel volgehoue druk op die regering uitgeoefen word.

Swanepoel sê sy is op 1 Desember 2018 diep getref deur ’n oomblik van stilte wat op die trappe van die Onafhanklikeidsmuseum in Robert Mugaberylaan waargeneem is.

Honderde LGBT mense en ondersteuners het van die Bank Windhoek-teaterskool af tot by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) gestap in ’n poging om meer regte vir LGBT mense te help verseker.

’n Standbeeld, wat allerweë aanvaar word as dié van die stigterpresident, dr. Sam Nujoma, is aan die bokant van dié stel trappe.

“Daai oomblik van stilte op daai omstrede trappe was amazing.”

Me. Abigail Solomons, ’n bestuurder verbonde aan Positive Vibes (PV), ’n menseregteorganisasie, gee vir Swanepoel gelyk.

Sy reken ook Namibië is op die drumpel van dekriminalisering.

Swanepoel was toe van mening dít kan reeds vanjaar gebeur. “Die tyd is ryp daarvoor.”

Die Namibiese regering het verlede jaar vir die eerste keer op die hoogste vlak gesê die regte van seksuele minderhede in die land is gewaarborg.

Pres. Hage Geingob het dié versekering in Augustus 2018 tydens ’n onderhoud met Republikein gegee.

’n Paar maande later het me. Doreen Sioka, minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, ook in die openbaar verklaar die regering is nie homofobies nie.

Sy het lede van die gemeenskap versoek om die Grondwet in te span wanneer daar teen hulle gediskrimineer word.

Vroeër hierdie jaar het Geingos ’n fermer standpunt ingeneem en gesê die bestaan van ’n wet wat vir dekades nie gebruik word nie, maak geen sin nie.

Geingos het vanjaar haar #BeFree-beweging, wat op die opheffing van die jeug fokus, uitgebrei na lede van die LGBT gemeenskap.

Die regte van sekswerkers, mense met gestremdhede en diegene wat met die MI-virus leef, het ook aan bod gekom.

Dié been van die veldtog staan as #BeFreeInclusivity bekend.

Geingos meen sekswerk is taboe vanweë tradisionele morele waardes en skynheiligheid.

Prof. Anthony Brown, ’n boorling van Walvisbaai, was by die bekendstelling van #BeFreeInclusivity en The Journey.

Hy sê homofobiese afknouery en die druk om aanvaar te word en as normaal gesien te word, het destyds daartoe gelei dat hy met ’n vrou getrou het.

Hulle is intussen geskei en Brown omarm sy gay oriëntasie.

Dié dosent aan die Universiteit van Johannesburg het onthou hoe hy uitgejou is as “moffie” in die strate van Kuisebmond op dié hawedorpie tydens sy grootwordjare.

Hy het by ’n vorige geleentheid aan hoërskoolleerlinge gesê: “Jul woorde maak mense seer.”

Brown het hulde gebring aan Namibië se progressiewe leerplan wat diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie verbied. Maar dit is nie genoeg nie, sê hy. “Die probleem lê by my en jou wat stilbly wanneer ander geboelie word. Wat sal jy doen as jy homofobiese afknouery en geweld waarneem?”

Naas ’n hoëvlakpaneelbespreking was me. Yvonne Dausab, die voorsitter van die Kommissie van Regshervorming en -ontwikkeling (LRDC), by #BeFreeInclusivity in gesprek met Geingos oor hoekom dit belangrik is om huwelike van dieselfde geslag te begin erken.

Sy sê dit sluit wetlike voordele en beskerming in. Forums van dié aard kan help om die huidige stand van sake om te keer, het Dausab gesê.

Digashu en Potgieter het onlangs hul veldtog, #IAmLucas, bekend gestel om bewusmaking oor hul pleidooi en dié van hul 10-jarige seun, Lucas, te skep.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%