Namibiu00eb is op regte koers
Namibiu00eb is op regte koers

Namibië is op regte koers

In sy Nuwejaarsrede het pres. Hage Geingob 'n vooruitsig gegee van planne wat in 2017 in werking gestel sal word ten einde die land se uitdagings die hoof te bied.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Namibië bly verbind tot die uitwissing van armoede en is op die regte pad om die ontwikkelingsdoelwitte te bereik.

Dié versekering is deur pres. Hage Geingob in sy Nuwejaarsrede gegee.

“Ons erken ons het die afgelope jaar onverwagte winde van voor ervaar wat ons vermoë om ons ontwikkelingsdoelwitte te verwesenlik, in die wiele gery het. Hierdie winde mag vrae of twyfel in ons gemoedere laat ontstaan het oor of ons doelwitte as 'n nasie haalbaar is en of ons inderdaad armoede kan uitwis. Ek gee vandag die versekering dat die Namibiese huis op koers bly en dat ons vorentoe beweeg,” het Geingob gesê.

Hy het 2017 as die jaar van her­toewyding beskryf en gesê die regering verbind hom opnuut tot die verwesenliking van sy doelwitte en oogmerke.

Tog maan hy dat die land vanjaar dieselfde uitdagings as in 2016 in die gesig staar. 'n Lewenskragtige en skeppende benadering is volgens hom nodig om hierdie uitdagings die hoof te bied.

“Die moeilike ekonomiese vooruitsigte vereis dat ons lesse uit die ondervinding van 2016 leer en sal debatteer oor beperkte bronne en mededingende prioriteite,” het Geingob gesê.

Van die vooruitsigte vir 2017 is die verhoging van pensioene vir bejaardes, met N$100 tot N$1 200, teen Junie vanjaar. Die regering beoog ook om reeds vandeesmaand met gesubsidieerde ploegdienste en die verskaffing van saad en kunsmis aan kommunale boere te begin.

'n Multidissiplinêre jeugsentrum word vir die derde kwartaal in Kavango beplan en bouwerk aan 'n nuwe beroepsopleidingsentrum in Nkurenkuru sal in September begin.

Die lankverwagte tweede grondkonferensie is vir September geskeduleer en die nuwe wet op aanskaffing vir die staatsdiens tree in Februarie vanjaar in werking. Hierbenewens sal 'n nuwe gerekenariseerde aanskaffingstelsel deursigtigheid verbeter.

Die e-gesondheidsdiens sal van September af rekords van pasiënte aanlyn beskikbaar maak.

Die regering is ook van voorneme om in die komende jaar 6 000 gedienste­ erwe en 5 000 nuwe huise te lewer. Werk gaan voort om ontslae van die emmerstelsel in landelike gebiede te raak en dit met meer sanitêre stelsels te vervang. Die //Karas- en Hardapstreek is eerste aan die beurt.

Die toedrag van sake in die sportsektor is volgens Geingob 'n bron van kommer en om hierdie rede is die lynministerie besig met die finalisering van 'n wet en beleid vir sport ten einde nasionale sportkodes te prio­ritiseer en finansiering en ontwikkeling daarheen te kanaliseer.

Geingob het die uittredende sekretaris-­generaal van die Verenigde Nasies, mnr. Ban Ki-moon, bedank vir sy werksaamhede en die hoop uit­gespreek dat sy opvolger, mnr. Antonio Guterres, die goeie werk van sy voorganger sal voortsit.

Die president het alle Namibiërs gevra om saam te werk om die nuwe hoofstuk van die land se gedeelde geskiedenis te skryf, wat na 'n gemeen­skaplike bestemming moet lei.

Hy het alle Namibiërs 'n produktiewe en voorspoedige 2017 toegewens.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%