Namibiu00eb is 2019 se topbestemming
Namibiu00eb is 2019 se topbestemming

Namibië is 2019 se topbestemming

Internasionale toeriste het die woestynland bo Japan se kersiebloeisels en die groen Nieu-Seeland gekies.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Namibië is deur lesers van die internasionale reistydskrif Wanderlust as 2019 se topbestemming gekies en het daarmee stof in die oë van verlede jaar se wenner, Kanada, geskop.

Altesaam 97,69% van Wanderlust se lesers het vir Namibië as die wêreld se topbestemming gestem, met Japan weer in die tweede plek en Nieu-Seeland in die derde plek.

Namibië het ook sy gewilde buurland Suid-Afrika uitgestof, wat die enigste Afrikaland in die toptien is in die sewende plek. Kaapstad is as die vierde gewildste stad in die wêreld gekies.

"Is dit anderwêreldse rooi woestyne? Is dit die unieke verskeidenheid kulture? Die woestynaangepaste olifante en swartrenosers wat vry in die natuur loop? Vir al hierdie redes en nog baie meer, was Namibië nog altyd hoog op die ranglys van ons Lesers-reistoekennings, maar vanjaar het dit die eerste plek voor 2018 se wenner, Kanada, se neus weggeraap," skryf Wanderlust.

"'n Reis na Namibië is altyd ’n ryke ervaring – van die Skedelkus se rou skoonheid, Sossusvlei se duine wat van vorm verander, tot die Epupa-valle van die Kunenerivier, wat 'n welkome lafenis ná 'n stowwerige woestynsafari is."

Wanderlust besing Namibië met sy weggesteekte juwele in afgesonderde dele soos die wildernis van Kaokoland, waar nomadiese Himba-mense steeds volgens tradisie leef.

"Maar Namibië is hoofsaaklik baie toeganklik, of jy nou die koloniale Swakopmund of Windhoek besoek, of spoorsny vir renosters in Damaraland, dit is maklik om die wiel te vat en die land self te ontdek," skryf Wanderlust.

"Dit is waarom ons lesers Namibië so onweerstaanbaar vind."

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, sê 2019 is die jaar van verantwoordbaarheid – ook in die toerismebedryf.

Sy sê die Namibiese toerismesektor moenie op sy louere rus nie: "Dit is tyd om beleide te hersien, ons vennote te herbesoek en ons produkte te op te kikker. Ons moet verseker dat Namibië in 2019 en daarná nie net die begeerlikste toeristebestemming bly nie, maar die bestemming waarheen die meeste toeriste wil reis wat waardering vir ons beeldskoon natuur het, asook vir ons ryke wildlewe, kulturele verskeidenheid en ons eindelose weggesteekte juwele en geleenthede."

TOPTIEN

Volgens Wanderlust is Japan gewild vanweë sy antieke tempels en Geisha-kultuur met Kyoto, Hokkaido se stomende warmwaterbronne en Tokio se stadsenergie. Dié land is weer, soos in 2018, die naaswenner onder hul lesers.

Nieu-Seeland bly vir Wanderlust-lesers betowerend en was vir die afgelope 18 uitgawes van die tydskrif in die topdrie.

Die ander lande in die toptien is Ysland, Chili, Costa Rica, Suid-Afrika, Indonesië, Peru en Sri Lanka.

Die toeristebestemming wat die meeste opgang maak, is Oezbekistan, gevolg deur Iran, Kirgistan, Bolivië en Rwanda.

Die gewildste stede volgens Wanderlust-lesers is Luang Prabang, Granada, Seville, Kaapstad, Krakow, Edinburgh, Kyoto, Venesië, Kopenhagen en York.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!